SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77Building resilience to climate change in vulnerable communities: A case study of uMkhanyakude district municipalityLand use land cover change and land surface emissivity in Ibadan, Nigeria author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Town and Regional Planning

    On-line version ISSN 2415-0495Print version ISSN 1012-280X

    Abstract

    MYERS, Garth; WALZ, Jonathan  and  JUMBE, Aboud. Tendense in stedelike beplanning, klimaatsaanpassing en veerkragtigheid in Zanzibar, Tanzanië. Town reg. plan. (Online) [online]. 2020, vol.77, pp.57-70. ISSN 2415-0495.  https://doi.org/10.18820/2415-0495/trp77i1.5.

    Die afgelope dekades het daar aan-sienlike verandering in Zanzibar plaasgevind, onder meer weens die wêreldwye impak op klimaats-verandering. Die semi-outonome regering staar uitdagings in die gesig om veerkragtige stedelike gemeenskappe te bevorder en te beplan vir die versagting en aanpassing by klimaatsverandering, nie die minste nie, te wyte aan die aard van die eiland en vinnige verstedeliking. Hierdie artikel handel oor stads- en omgewingsbeplanningsmaatreëls van 2010 tot 2020 wat daarop gemik is om die gevolge van klimaatsverande-ring die hoof te bied en te werk aan veerkragtigheid en aanpassing in stedelike Zanzibar. Tematiese ontledings is gebruik om landgebruiks-beplanning, klimaatsaanpassing en ramprisikoverminderingsdokumentasie van die situasiebepaling, vasstelling en onderskeie aanbevelings rakende grondgebruik en klimaatsaanpassing te verbind. Die argument is dat die beplanning vir klimaatsverandering groter maatskaplike wil, finansiële investering en die omskakeling van wetenskap tot beleid vereis as wat tans in Zanzibar bestaan. Dinamiese individuele en regeringspogings en uitgesoekte gemeenskapsbetrok-kenheid is waarskynlik onvoldoende om veerkragtigheid te bewerkstellig, aangesien grootskaalse skenkers gefinansierde klimaatsaanpassings-intervensies grotendeels van bo na onder in oriëntering is en die plaaslike gemeenskapsgerigte klimaatoplossings mis. Kleiner NRO's is meer prakties om gemeenskapsgerigte prioriteite te verstaan en aan te spreek om klimaats-bestande inisiatiewe te ondersteun en plaaslike lewensbestaanprioriteite en deelname teen klimaatsinvloede te verbeter, insluitend natuurrampe en alledaagse agteruitgang. Die artikel gee beleidsaanbevelings, spesifiek vir Zanzibar en ook relevant in die hele streek.

    Keywords : Aanpassing; beleidsin-tervensies; stedelike beplanning; wêreld-wye klimaatsverandering; Zanzibar.

            · abstract in English | Other     · text in English     · English ( pdf )