Open-access Vergoedingsneigings in die openbare sektor te midde van volgehoue inflasie: 'n ekonomiese perspektief

Remuneration trends in the public sector during sustained inflation: an economic perspective

Hierdie artikel vergelyk die vergoeding van twee poste in die Suid-Afrikaanse openbare sektor in 1984 en in 2008. Drie wyses van vergelyking, naamlik 'n bruto grondslag; na die berekening van belasting; en in vergelyking met prysveranderings van 'n geselekteerde mandjie verbruikersgoedere, word gebruik om 'n hipotese te toets dat lewenskoste-aanpassings in die Suid-Afrikaanse openbare sektor tussen 1984 en 2008 met inflasie en prysstygings oor hierdie tydperk tred gehou het. Die vergelyking bevestig die hipotese vir een pos, maar verwerp dit in die ander geval. As vergoeding nie periodiek vir inflasie aangepas word nie, is eenmalige strukturele vergoedingsaanpassings die enigste wyse waardeur relatiewe vergoedingsvlakke tot hul vorige vlakke herstel kan word. Die metodologie wat in hierdie artikel verduidelik word, kan gebruik word om billike vergoedingsaanpassings te bereken en om vas te stel of strukturele aanpassings nodig is. Die toepassingsvelde van hierdie metodologie wat uit die ekonomiese wetenskap ontwikkel is, is dus te vinde in algemene bestuur, die bestuur van menslike hulpbronne en georganiseerde arbeid.

akkurate inflasie; inflasie; inflasiegeloofwaardigheid; openbare sektor; prysstygings; strukturele vergoedingsaanpassings; vergoeding


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top