Open-access Die oorsetting van 'n bybelteks na Niestandaardafrikaans: die kunssinnigheids- en kreatiewe aspekte daaragter

The intralingual translation or rewording of a Bible text into non-standard Afrikaans: the artistic and creative aspects behind it

Abstract

Die oorsetting van 'n teks (soos 'n Bybelgedeelte) na Niestandaardafrikaans moet beskou word as 'n transponering (intratalige vertaling) daarvan en nie as 'n getroue en presiese vertaling (intertalige vertaling) of ook nie 'n aanpassing (intersemiotiese vertaling) nie, omdat die term transponering erkenning gee aan die kunssinnige- en kreatiwiteitsaspekte van die oorsetting. Hierdie uitgangspunt is vanuit drie gesigspunte benader: vanuit Jakobson se teorie, vanuit Du Plessis (2006) se beskouing van transponering en vanuit 'n eie transponering van die outeur waarmee sekere kunssinnige- en kreatiwiteitsbeginsels geïllustreer kon word. Na 'n kort teoretiestegniese bespreking word 'n transponering van 'n Bybelgedeelte uit Standaardafrikaans na Tsotsi-Afrikaans aangebied. Daarna vind 'n bespreking van die kreatiwiteits-, tegniese en kunsaspekte van die betrokke transponering plaas.

Vertaling; aanpassing; oorsetting; transponering; Niestandaardafrikaans; Bybelvertaling; variëteit; linguistiese vlak; leefwêreldvlak; religieuse vlak


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba