Open-access Konsessiehouers se vlak van tevredenheid met die geleenthede en beperkings van konsessies

Franchisees' level of satisfaction with the opportunities and threats of franchising

Abstract

Konsessiehouers kla dikwels dat konsessiegewers nie aan hul behoeftes voldoen nie en daar is 'n algemene persepsie dat konsessiehouers ontevrede is met die geleenthede en beperkings van konsessies. Die doel van hierdie artikel is om ondersoek in te stel na die vlak van tevredenheid van konsessiehouers met die geleenthede en beperkings van konsessies. Die volgende konsessieelemente word by die ondersoek betrek: opleiding deur die konsessiegewer voorsien, die gebruik van 'n gevestigde handelsmerk, konsessies as 'n volledige besigheidstelsel (produk), die toekenning van spesifi eke geografiese gebiede en plaaslike en nasionale advertensie-veldtogte. Die data verteenwoordig twee groepe van dieselfde konsessie, naamlik konsessiehouers wat vir minder as twee jaar as konsessiehouers funksioneer en konsessiehouers wat vir twee jaar en langer as konsessiehouers funksioneer. Oorweging word gegee aan die mate waarin die twee groepe die konsessie-elemente verskillend waarneem. Die bevindings dui aan dat daar 'n hoë vlak van tevredenheid by konsessiehouers bestaan ten opsigte van die geleenthede en beperkings van konsessies, met die uitsondering van geïdentifiseerde uitdagings wat verder ontwikkel kan word om konsessiehouers se vlak van tevredenheid te verhoog.

Konsessiehouertevredenheid; konsessiehouers en konsessiegewers; opleiding; konsessieverhoudings; geografiese gebiede; geleenthede en beperkings


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top