Open-access Engels Addisionele Taalleerders: Ondersteuning vir fonologiese bewustheidsuitvalle

Learners with English as additional language: Support for phonological awareness fall-outs

Abstract

DOEL: Die hoofdoel van hierdie studie was om die effek van 'n fonologiese bewustheids-opleidingsprogram, binne die raamwerk van tradisionele artikulasieterapie, op leerders met Engels as addisionele taal te ondersoek. As deel van hierdie groter doelwit, is die resultate van die opleidingsprogram op die ouditiewe persepsie van Engelse vokale deur leerders met Engels as addisionele taal bepaal. Die voorlopige invloed van die opleidingsprogram op hierdie leerders se artikulasie van Engelse vokale, reseptiewe en ekspressiewe taalvaardighede en lees- en spelvaardighede is ook ondersoek. RESULTATE: Die tradisionele artikulasieterapie-raamwerk waarbinne Engelse vokale van die leerders met Engels as addisionele taal deur middel van die opleidingsprogram aangespreek is, het 'n positiewe invloed op hierdie leerders se fonologiese bewustheid van Engelse vokale, geletterdheidsonderrig en artikulasie van dié vokale gehad.

fonologiese bewustheid; ouditiewe persepsie; tradisionele artikulasieterapie; Engels Addisionele Taalleerders (EAT); Engels Eerste Taalleerders (EET); geletterdheidsonderrig


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top