Open-access Wie is die teikengebruikers van eentalige aanleerderwoordeboeke?

Who are the target users of monolingual learners' dictionaries?

Eentalige aanleerderwoordeboeke is gerig op gebruikers wat 'n vreemde taal aanleer. Die fokus is op hulle behoeftes met betrekking tot die vreemde taal. Die moedertaal van 'n uiteenlopende groep gebruikers word egter nie in aanmerking geneem nie. Hierdie artikel wys daarop dat eentalige aanleerderwoordeboeke aangepas moet word, sodat die verskillende moedertale van verskillende gebruikers 'n invloed op die keuse van aanduiders en die aard van die leksikografiese bewerking sal hê. Daar word daarop gewys dat 'n generiese eentalige aanleerderwoordeboek nie moedertaalsprekers van verskillende tale bevredigend kan help met betrekking tot byvoorbeeld vals vriende, kultuurgebonde leksikale items en met die impak van taalbeïnvloeding en taalversteuring nie. Voorstelle word gemaak vir 'n model waarvolgens sowel gedrukte as aanlyn eentalige aanleerderwoordeboeke 'n sterker gebruikersgerigtheid kan toon. Vir aanlyn woordeboeke word voorgestel dat een databasis geskep moet word waaraan verskillende variante artikels onttrek kan word.

aanleerderwoordeboek; aanlyn woordeboek; artikelstruktuur; dataverspreiding; eentalige aanleerderwoordeboek; gebruikersbehoeftes; kultuurgebonde leksikale items; laaistruktuur; taalbeïnvloeding; uitgebreide verpligte mikrostruktuur; vals vriende


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo