Open-access Die nuwe bedreiging van samelewingsvryhede: 'n Terugkeer tot Christen-vervolging?

The new Threat to Societal Freedoms: A return to the persecution of Christians?

Ten spyte van die ruimte wat deur verskillende Aktes van Menseregte vir persoonlike (en kollektiewe) vryhede geskep is, insluitende persoonlike akademiese vryheid en geloofsvryheid, het daar gedurende die afgelope paar dekades ontwikkelinge ingetree wat sterk aan totalitêre tendense herinner wat ook tydens die vroeë geskiedenis van die Christendom na vore getree het. Hierdie verwikkelinge is besig om opnuut die sinvolle onderskeiding tussen strukturele pluralisme en 'n pluralisme van oortuigings te ondergrawe. Die wyse waarop die openbare skole in die VSA immers tans, op die basis van die positivistiese postulaat van "objektief-neutrale" wetenskap, die Darwinistiese Ortodoksie in biologie-onderrig tot 'n dogma proklameer wat bo enige kritiek verhewe is, getuig inderdaad van 'n sonderlinge terugkeer tot die lank-agterhaalde vroeg-Middeleeuse era van Christen-vervolging, beliggaam in 'n vorm van wetenskaplike fascisme waarin akademiese vryheid, vryheid van spraak, vrye openbare meningsuiting en persoonlike geloofsvryheid op die altaar geplaas word. Na 'n vlugtige verwysing na die situasie in Nederland sluit die artikel af met vermelding van positiewe elemente in die nuwe Suid-Afrika van vandag. Tog belig 'n onlangse ervaring van die outeur van hierdie artikel die deurskemering van iets wat 'n kommerwekkende ooreenkoms toon met dit wat tans in Amerika in swang is (sien die Aanhangsel).

Gedifferensieerde samelewing; samelewingsvryhede; strukturele differensiasie; rigting-differensiasie; strukturele pluralisme; rigting-pluralisme; outonomie; persoonlike vryheid; akademiese vryheid; vryheid van spraak; kompetensiesfeer; regsgelykheid


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top