Open-access Errata

    ERRATA

    Errata

    Tydskrif vir Geesteswetenskappe 65(1) Maart 2025.

    Die gasredakteurs van die Maart 2025-uitgawe wys u graag op die volgende regstelling in die artikel "Die eerste eeu van Afrikaans as vaktaal, 1925 - 2025".

    Dit raak 3.3.1.5 Virtuele Instituut vir Afrikaans (bl. 23 van die papieruitgawe; bl. 31 van die aanlyn uitgawe)

    Die hele gedeelte onder die opskrif (al drie paragrawe) moet geskrap word.

    Skrap ook die laaste sin in hierdie afdeling: Die SAAWK ondersteun ook die Afrikaanse Wikipedia, waarin ook 'n lys van Suid-Afrikaanse vlinders (s.j.) te vinde is.

    Vervang die eerste paragraaf met die volgende inligting:

    Die oprigting van VivA spruit voort uit die oorspronklike inisiatief van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, in samewerking en oorleg met die Noordwes-Universiteit, Universiteit Stellenbosch en die Nederlandse Taalportaal (onder bestuur van die Meertens Instituut).

    Huidige stigterslede van VivA is die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging en die Trust vir Afrikaanse Onderwys (voorheen Dagbreek Trust). Voormalige stigterslede was die Nederlandse Taalunie en Noordwes-Universiteit.

    VivA fungeer sedert 2015 as 'n volwaardige digitale maatskappy (https://viva-afrikaans.org/oor-viva/maatskappyprofiel).

    Aspekte van die Afrikaanse grammatika, woorde, terme, gesegdes, vertalings, etimologieë en taaladvies word op die webwerf deur middel van die korpusportaal en die woordeboekportaal beskikbaar gestel.

    Die oopbron-Autshumato-TMS-sagteware word slegs in die Woordeboekportaal (wat op VivA se webblad beskikbaar is) gebruik.

    VivA het 'n nuwe slimfoontoepassing ontwikkel wat in Oktober 2023 beskikbaar gestel is en wat sedert Januarie 2024 bemark word. Hierdie nuwe toepassing is deur die ATKV geborg.

    Vakwoordeboeke en termlyste op die volgende terreine is aanlyn op VivA beskikbaar: etimologie, blokkiesraaisels, kuberterme, wynbedryf, sterrekunde, voorsetsels, kollokasies, entrepreneurskap, statistiek, voëlname, paramediese beroep, fisika, chemie, fisika en kernenergie-(hierdie drie in Sciwoord), kookkuns, politiek, psigiatriese versteurings, die Covid-19-termlys, die VivA/RSG-uitspraaklys, die FAK se Noodhulp-lys, en die Prolinguatermlys. VivA het ook Wikipedia, Wiktionary en n Wikipedia-rekenaartermlys aanlyn beskikbaar. Verskeie meertalige lyste deur die TCS, soos dié oor Inligting en kommunikasie, lewensoriëntering, natuurwetenskappe en tegnologie, wiskunde, en die termlys vir menslike, sosiale, ekonomiese en bestuurswetenskappe (almal vir die Intermediare Fase), MIV/vigs-, sokker-, verkiesings-, en parlementera en politieke terme is ook op VivA beskikbaar (vgl. https://viva-afrikaans.org/portale/produkte-en-dienste).

    Publication Dates

    • Publication in this collection
      31 July 2025
    • Date of issue
    location_on
    Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
    rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
    Go to top