Open-access 'n Kritiese evaluering van die bydrae van (prof.) WS Prinsloo tot die wetenskap van die Ou Testament

A critical evaluation of the contribution of (Prof.) WS Prinsloo to the study of the Old Testament

Vanjaar sal dit 25 jaar wees sedert die ontydige dood van prof. WS Prinsloo. Dit sou dus die moeite loon om ná 25 jaar bestek op te neem van sy bydrae tot die wetenskap van die Ou Testament en die vraag te vra na sy nalatenskap en hoe dit geëvalueer moet word. Metodologies gesproke gee die artikel 'n kort oorsig oor die lewe van Prinsloo. Vervolgens word hy geplaas binne die historiese konteks van die stand van die Ou Testamentiese wetenskap. Prinsloo gee in sy navorsing veral aandag aan die psalms en gevolglik word veral gefokus op die kenmerke van sy ondersoek na die psalms. Drie monografieë wat sy eksegese van 'n aantal psalms weergee en sy publikasies wat handel oor die metodiek van eksegese word gebruik as verwysingsraamwerk vir die beoordeling van sy werk. Laastens word daar tot enkele gevolgtrekkings gekom.

eksegetiese metode(s); histories-kritiese eksegese; sinkroniese eksegese; struktuuranalise; teksimmanente lees; interpretasie van die Ou Testament


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba