Open-access Die vestiging van Solidariteit se Helpende Hand as 'n suksesvolle gemeenskaps gebaseerde welsynsorganisasie

The establishment of Solidarity's Helping Hand as a successful community based welfare organisation

Abstract

Die vakbond Solidariteit, voorheen bekend as die Suid-Afrikaanse Mynwerkersunie, was waarskynlik die eerste vakbond in Suid-Afrika om sy eie, private welsynsdepartement tot stand te bring. Die oorspronklike doelwit van hierdie welsynsdepartement wat in 1949 gestig is, bekend as die Helpende Hand, was om Afrikaner-mynwerkers wat as gevolg van werksverwante ongelukke of omstandighede ongeskik vir werk geword het, finansieel te ondersteun. In 2001 is die welsynsdepartement opnuut bekendgestel om voortaan as Solidariteit Helpende Hand bekend te staan. Die Helpende Hand se bestek van welsynsbystand is ook uitgebrei na die groter Afrikaanssprekende gemeenskap selfs buite die vakbond en sodoende het dit tot 'n suksesvolle gemeenskaps gebaseerde welsynsorganisasie ontwikkel. Die organisasie se projekte behels onder andere noodlenigingskemas ten opsigte van voedselvoorsiening, 'n nasionale akademiese beursfonds en materiële bystand aan ouetehuise en kinderhuise.

Mynwerkersunie; poppefabriek; Solidariteit; Helpende Hand; Histadrut; welsynsdepartement; Afrikaner-mynwerkers; Flip Buys; welsynsbystand; noodleniging; voedingsprojekte; beursskema; Danie Langner; fondsinsameling; selfdoen


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba