Teen die agtergrond van die middeleeuse Rooms-Katolieke devaluering van hande-arbeid en in reaksie tot die statiese stande-gelaagdheid daarvan, het Calvyn 'n pleitrede gevoer vir 'n herwaardering van die koopmansstand en van die plek van die ekonomiese sektor van die samelewing binne 'n koninkryksperspektief daarop. Enersyds was daar talle misstande en bedenklike praktyke in swang in Italie en andersyds het die Roomse kerk nog 'n groot mag gehad oor die samelewing - met betrekking tot die ekonomiese sektor veral deur die instandhouding van die rente-verbod. Nie alleen het Calvyn die hiërargiese samelewingsbeskouing van die middeleeue ondergrawe nie, maar tegelyk ook nuwe moontlikhede geopen vir die opbloei van ekonomiese aktiwiteite met sy pleit vir die opheffing van die rente-verbod. In Genève het hy uit hoofde van sy bediening allerlei praktiese voorstelle gemaak, soos die verlening van gratis doktershulp aan armes; die prysvasstelling van brood, wyn en vleis; die reglementering van arbeidsduur; die verpligting om laerskool onderwys te volg; die geneeskundige behandeling van invalides en siekes; openbare werke en herskoling van werkloses; hulp aan verbygaande vreemdelinge; instituering van die diakonaat; en 'n verbod op bedelary omdat daarvoor in Genève geen rede meer bestaan het nie. Die prysvasstelling van brood, wyn en vleis dui op die noodsaaklike lewensbehoeftes in die tyd wat veroorsaak is deur die voortdurende styging van die pryse wat daartoe gelei het dat die mindergegoedes gebrek begin ly het (Calvyn het dus in 'n tyd van inflasie geleef). Calvyn het die hele lewe op gelyke voet geplaas en elke beroep as 'n roeping gesien. Besondere aandag word gegee aan die beroemde Weber-tese, naamlik dat die kapitalisme 'n vrug van die Calvinisme is. Daar word aangetoon dat dit egter die Engelse puritanisme was wat hierdie faam moet ontvang - gepaardgaande met wat Weber 'n "binne-wêreldse asketisme" genoem het: die werkers het hul hard-verdiende geld gespaar (opgepot) en dus in die wêreld as vreemdelinge geleef. Aan die einde is 'n "Postscript" (2009) bygevoeg waarin 'n aantal ooreenkomste en analogieë tussen Canvyn se tyd en ons huidige situasie belig word, terwyl vasgehou word aan die onderliggende duursame betekenis van Calvyn se nalatenskap ook vir ons situasie van vandag.
Calvinisme; billikheid; kapitalisme; Puritanisme; renteverbod; Koninkryk
Against the background of the medieval Roman Catholic depreciation of manual labour and the flourishing of trade and commerce this article portrays the contrast between the traditional static medieval hierarchical understanding of society and the approach of Calvin. The said depreciation of manual labour is aptly captured in a medieval legend where we learn of a person who found demons in every nook and cranny in a monastery, but surprisingly only one demon was found on a tower in the marketplace. When the person mentioned was surprised, a cleric responded by explaining that there is a greater need for demons in a monastery because many are needed to seduce the monks. At the marketplace however, one is more than sufficient, because everyone there is already a devil! This legend shows clearly how the medieval tradition devaluated the mercantile estate. This under-evaluation took its stance alongside a new appreciation of the self-esteem of human beings. However, the latter was accompanied by an increasing anarchy and immorality which indeed made Christians hesitant to participate in the horrible practices of this domain of life. By avoiding being a merchant one is not threatened by temptations. Add to this that the medieval view of society as an organic whole, where every sector of life had its well-assigned and properly integrated place, did not really contribute to the development of a constructive and dynamic economic life. The estate of merchants was kept in place by the doctrine of the "fair price." The system of guilds also did not allow for fair competition. However, breaking through this static establishment soon generated a cold and calculated rationalistic attitude towards life where even personal affairs were treated in economic terms - such as where a difference of opinion between two merchants led to an inscription that that person's life is owed, followed by a subsequent credit inscription: "Debt paid." When Calvin wrote his Institution the point of gravity of trade and commerce shifted to the Netherlands (Antwerpen), although the Roman Catholic church still held an enormous power, particularly evinced in the maintenance of the prohibition of interest. A very useful study in this regard is found in the work of A. Biéler, La penseé économique et sociale de Calvin (Die ekonomiese en sosiale denke van Calvyn). The title of this work is somewhat pretentious because Calvin largely entered into a discussion of social-economic issues as part of the advice he gave to believers. This included directives such as the regulation of the duration of work, making primary school education compulsory, the medical treatment of invalids and ill people, public works and the re-training of unemployed people, aid to strangers who pass by, a prohibition to begging because in the Geneve of the time this was no longer necessary. Interestingly Calvin also made a plea for a fixed price for bread, wine and meat (the necessary means of life at the time). As extensively shown by Bohatec Calvin constantly advocated the idea of what is just and fair. It was supported by his new, non-hierarchical, view of society and his conviction that all of life ought to open up to the service of God. This view transcended the medieval prohibition on interest, and broadened the scope of God's kingdom to encompass all of life - where the execution of every walk of life became a calling equal in importance and dignity to every other calling in life. Particular attention is given to the famous Weber thesis that capitalism is the outcome of Calvinism. At the end a 2009 "Postscript" is added in which a number of similarities and analogies between the era of Calvin and our own contemporary situation are highlighted, while holding on to the basic positive perspective initially advanced in the substantive article.
Calvinism; equity; capitalism; Puritanism; interest ban; Kingdom
Calvyn se etiek van die sosiaal-ekonomiese lewe
Calvin's ethics of socio-economic life
B Goudzwaard
Departement Ekonomie, Vrije Universiteit, Amsterdam, Nederland
OPSOMMINGTeen die agtergrond van die middeleeuse Rooms-Katolieke devaluering van hande-arbeid en in reaksie tot die statiese stande-gelaagdheid daarvan, het Calvyn 'n pleitrede gevoer vir 'n herwaardering van die koopmansstand en van die plek van die ekonomiese sektor van die samelewing binne 'n koninkryksperspektief daarop. Enersyds was daar talle misstande en bedenklike praktyke in swang in Italie en andersyds het die Roomse kerk nog 'n groot mag gehad oor die samelewing - met betrekking tot die ekonomiese sektor veral deur die instandhouding van die rente-verbod. Nie alleen het Calvyn die hiërargiese samelewingsbeskouing van die middeleeue ondergrawe nie, maar tegelyk ook nuwe moontlikhede geopen vir die opbloei van ekonomiese aktiwiteite met sy pleit vir die opheffing van die rente-verbod. In Genève het hy uit hoofde van sy bediening allerlei praktiese voorstelle gemaak, soos die verlening van gratis doktershulp aan armes; die prysvasstelling van brood, wyn en vleis; die reglementering van arbeidsduur; die verpligting om laerskool onderwys te volg; die geneeskundige behandeling van invalides en siekes; openbare werke en herskoling van werkloses; hulp aan verbygaande vreemdelinge; instituering van die diakonaat; en 'n verbod op bedelary omdat daarvoor in Genève geen rede meer bestaan het nie. Die prysvasstelling van brood, wyn en vleis dui op die noodsaaklike lewensbehoeftes in die tyd wat veroorsaak is deur die voortdurende styging van die pryse wat daartoe gelei het dat die mindergegoedes gebrek begin ly het (Calvyn het dus in 'n tyd van inflasie geleef).
Calvyn het die hele lewe op gelyke voet geplaas en elke beroep as 'n roeping gesien. Besondere aandag word gegee aan die beroemde Weber-tese, naamlik dat die kapitalisme 'n vrug van die Calvinisme is. Daar word aangetoon dat dit egter die Engelse puritanisme was wat hierdie faam moet ontvang - gepaardgaande met wat Weber 'n "binne-wêreldse asketisme" genoem het: die werkers het hul hard-verdiende geld gespaar (opgepot) en dus in die wêreld as vreemdelinge geleef. Aan die einde is 'n "Postscript" (2009) bygevoeg waarin 'n aantal ooreenkomste en analogieë tussen Canvyn se tyd en ons huidige situasie belig word, terwyl vasgehou word aan die onderliggende duursame betekenis van Calvyn se nalatenskap ook vir ons situasie van vandag.
Trefwoorde: Calvinisme, billikheid, kapitalisme, Puritanisme, renteverbod, Koninkryk
ABSTRACTAgainst the background of the medieval Roman Catholic depreciation of manual labour and the flourishing of trade and commerce this article portrays the contrast between the traditional static medieval hierarchical understanding of society and the approach of Calvin. The said depreciation of manual labour is aptly captured in a medieval legend where we learn of a person who found demons in every nook and cranny in a monastery, but surprisingly only one demon was found on a tower in the marketplace. When the person mentioned was surprised, a cleric responded by explaining that there is a greater need for demons in a monastery because many are needed to seduce the monks. At the marketplace however, one is more than sufficient, because everyone there is already a devil! This legend shows clearly how the medieval tradition devaluated the mercantile estate. This under-evaluation took its stance alongside a new appreciation of the self-esteem of human beings. However, the latter was accompanied by an increasing anarchy and immorality which indeed made Christians hesitant to participate in the horrible practices of this domain of life. By avoiding being a merchant one is not threatened by temptations. Add to this that the medieval view of society as an organic whole, where every sector of life had its well-assigned and properly integrated place, did not really contribute to the development of a constructive and dynamic economic life. The estate of merchants was kept in place by the doctrine of the "fair price." The system of guilds also did not allow for fair competition. However, breaking through this static establishment soon generated a cold and calculated rationalistic attitude towards life where even personal affairs were treated in economic terms - such as where a difference of opinion between two merchants led to an inscription that that person's life is owed, followed by a subsequent credit inscription: "Debt paid."
When Calvin wrote his Institution the point of gravity of trade and commerce shifted to the Netherlands (Antwerpen), although the Roman Catholic church still held an enormous power, particularly evinced in the maintenance of the prohibition of interest. A very useful study in this regard is found in the work of A. Biéler, La penseé économique et sociale de Calvin (Die ekonomiese en sosiale denke van Calvyn). The title of this work is somewhat pretentious because Calvin largely entered into a discussion of social-economic issues as part of the advice he gave to believers. This included directives such as the regulation of the duration of work, making primary school education compulsory, the medical treatment of invalids and ill people, public works and the re-training of unemployed people, aid to strangers who pass by, a prohibition to begging because in the Geneve of the time this was no longer necessary. Interestingly Calvin also made a plea for a fixed price for bread, wine and meat (the necessary means of life at the time).
As extensively shown by Bohatec Calvin constantly advocated the idea of what is just and fair. It was supported by his new, non-hierarchical, view of society and his conviction that all of life ought to open up to the service of God. This view transcended the medieval prohibition on interest, and broadened the scope of God's kingdom to encompass all of life - where the execution of every walk of life became a calling equal in importance and dignity to every other calling in life. Particular attention is given to the famous Weber thesis that capitalism is the outcome of Calvinism. At the end a 2009 "Postscript" is added in which a number of similarities and analogies between the era of Calvin and our own contemporary situation are highlighted, while holding on to the basic positive perspective initially advanced in the substantive article.
Key words: Calvinism, equity, capitalism, Puritanism, interest ban, Kingdom
Full text available only in PDF format.
BIBLIOGRAFIE
- Biéler, A. 1959. La penseé economique et sociale de Calvin. Préf. de Antony Babel. Genève: Librairie de l'Université, Georg.
- Bohatec, J. 1934. Calvin und das Recht. Feudlingen: Verlag Hermann Bohlaus.
- Bohatec, J. 1961. Calvins Lehre von Staat und Kirche mit besonderer Berücksichtigung des Organismusgedankens. Aalen: Scientia.
- Bouwman, P.J. 1938. Van Renaissance tot Wereldoorlog, een cultuursociologische studie. Amsterdam: Paris (1974 uitgawe, Groningen: Tjeenk Willink).
- De Zwart, W. (Vertaler met 'n Inleiding) 1938. Calvijn in het licht zijner brieven: honderd brieven van den reformator. Kampen: Kok.
- Doumergue, E. 1921. Le Caractère de Calvin. Paris : Editions de Foi et Vie (in Nederlands vertaal deur Helena C. Pos onder die titel: Calvijn als mens en hervormer. Amsterdam: Ten Have,
- [1931]).
- Kraus, J.B. 1930. Scholastik, Puritanismus und Kapitalismus. München: Duncker & Humblot.
- Tawney, R.H. 1926. Religion and the rise of capitalism; a historical study. (Ook in 'n Nederlandse vertaling beskikbaar in die Aulareeks onder die titel: De Sociologie van de Renaissance.
- )
- Troeltsch, E. 1912. Die Soziallehren der christlichen Kirchen und Gruppen. Gesammelte Schriften.
- Van Gunsterer, W.F. 1934. Kalvinismus und Kapitalismus, Amsterdam: Noord-Hollandsche Uitgeversmij.
- Weber, M. 1905. Die protestantische Ethik und der Geist des Kapitalismus. In: Gesammelte Aufscitze zur Religionssoziologie; Nuut uitegee deur Johannes Winkelmann, München: Siebenstern Taschenbuch, 1969.
Naskrif - Bob Goudzwaard (2009)
2 Aangehaal deur J.B. Kraus, 1930:78.
3 Aangehaal deur Tawney, 1926:42.
4 Tans in Nederlandse vertaling verskyn in die Aulareeks onder die titel: De Sociologie van de Renaissance.
5 In sy boek: Calvins Lehre von Staat und Kirche (1961), Buch IV: Die einseinen Stlinde in dem Staatsorganismus. Verder van sy hand: Calvin und das Recht (1934) en verskillende artikels in Philosophia Reformata enAnti-Revolutionaire Staatkunde. Tot ons teleurstelling het Bohatec se naam nie voorgekom in die uitgcbreide literatuurlys van dr Biéler nie.
6 Calvyn se kommentaar op Lukas 10:30. Biéler, 1959:234. Hieruit blyk dit duidelik dat die gemeenskap tussen mense by Calvyn nie by die kerk ophou nie, soos soms wel gesuggereer word (onder andere deur Troeltsch en Kraus).
7 Troeltsch, 1912322. 7) Bohatec, 1961:635. Meier, ??:413, e.v.
8 Bohatec, Calvins Lehre von Staat und Kirche, p. 635. Meier, ??:413, e.v.
9 Troeltsch, 1912:89.
10 Troeltsch, 1912:93.
11 W. de Zwart, 1938:120, 130.
12 Biéler, 1959:404.
13 Biéler, 1959:235.
14 Biéler, 1959:327.
15 Aangehaal uit Bohatec, 1961:738.
16 Biéler, 1959:346.
17 "Uitdrukking van menslike solidariteit en teken van geestelike gemeenskap", Biéler, 1959: 414.
18 Bohatec, 1961:695.
19 Om die volgende redes ag Calvyn die Ou-Testamentiese renteverbod vir sy tyd nie van krag nie: 1) Die verbod het tot die politieke wette van die volk van Israel behoort, wat as sodanig in die nuwe bedeling nie meer geld nie. 2) Die tye het heeltemal verander. Die Bybel verstaan onder die woord "rente" dan ook iets anders as ons. Op die betreklik nuwe verskynsel van rente vir lenings met produktiewe doeleindes word daar nog nie gedoel nie. 3. Dit sou wettisties wees as hierdie verbod na die letter geneem word. Dit gaan in die Bybel slegs hierom dat reg en billikheid betrag sal moet word tussen skuldeiser en skuldenaar. As aan hierdie eis voldoen is, is renteneem na die gees van die wet toegestaan. (Calvyn se Kommentaar op Lev. 25, Ps. 15 en Esegiël 18. Biéler, 1959:453 e.v.).
20 Vgl. Bohatec. Calvins Lehre von Staat and Kirche. p. 699. 'n Mens mag uit die bostaande nie tot die konklusie kom dat die skolastici hulle nie oor die armes bekommer het nie. Die hulp aan die armes is van die grootste belang geag, maar die beskouing was dat dit primer tot uiting moet kom in die "gee van aalmoese". Die hulp het dus buite-om die ekonomiese kontrak wat slegs op gelykheid moes berus, plaasgevind. Aan die ander kant moet die weergawe van Calvyn se reël nie so opgevat word dat hy algehele gelykheid in materiële omstandighede tussen die verskillende stande en persone beoog het nie. Inteendeel: Calvyn sien daar geen kwaad in dat die rykes oorvloedig van hulle rykdom lewe nie (Biéler, 1959:320). Dit gaan hier om Calvyn, op die voetspoor van Aristoteles, se "analogiesc gelykheid" maar, wat gemeet word volgens kwaliteite en moontlikhede. Calvyn vat dit self soos volg saam: God wil dat daar 'n dusdanige analogie en gelykheid tussen ons sal wees, dat elkecn van die swakke sal laat toekom, vir sover sy vermoë reik, sodat een nie oorvloed sal hê, terwyl 'n ander gebrek ly nie. (Commentaar 2 Kor. 8:13, Biéler, 1959:349).
21 Biéler, 1959:467.
22 Biéler, 1959:281.
23 Biéler, 1959:322, 336.
24 Biéler, 1959:380.
25 Weber. 1905:92.
26 Calvyn, Brief aan die raad van Genève, in: S. de Swart, 1938:130.
27 Tawney, 1926:138.
28 P.J. Bouwman, 1938:45.
29 Vir 'n benadering wat van die van ons afwyk, lees: W.F. van Gunsterer, 1934.
30 Weber, 1905:33 e.v.
31 Weber,1905:94, 105.
32 Weber, 1905:135.
33 Biéler, 1959:495.
34 Vgl. Tawney, 1926:21 e.v.
35 Van Gunsterer, 1934:207: "wirtschafts-historische betrachtet besteht denn auch eine griissere Kluft zwischen dem Puritaner des 17. Jahrhunderts und dem kalvinisten aus der Zeit Kalvins als zwischen diesem Puritaner und dem ökonomischen Individualisten des 18. Jahrhunderts".
36 J.B. Kraus, s.j. 1930:208.
37 E. Doumergue, Le Caractère de Calvin, in Nederlands vertaal onder die titel: Calvijn als mens en hervormer, p. 149.
