Open-access Uit die redakteurskantoor

INHOUDSOPGAWE

Uit die redakteurskantoor

'n Nuwe jaar en 'n nuwe jaargang van die tydskrif het aangebreek. Soos wat gewoonlik die geval is in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe dek hierdie eerste uitgawe van die jaar 'n spektrum van vakgebiede.

'n Nuwe rubriek met die titel "Taal en Tongval" sien ook die lig met as eerste bydraer prof. Ernst Kotzé.

Ook Eep Francken lewer weer 'n bydrae in Varia. Ure se leesgenot word u toegewens.

Voornemende outeurs moet asseblief die webwerf van die tydskrif (tgwsak.co.za) gereeld besoek. Daar is reeds een wysiging aan die tydskrif se "Voorskrifte aan skrywers" en meer wysigings gaan volg.

Oproep tot bydraes

Die redaksie van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe nooi belangstellendes uit om by te dra tot 'n spesiale uitgawe wat fokus op die transformerende rol van kunsmatige intelligensie (KI) op menswees, met 'n sterk klem op navorsing wat wesenlike en onverrekende gapings in die veld ter bespreking stel.

KI ontwikkel teen 'n merkwaardige tempo en herskep hoe mense leer, werk, kennis produseer en innoveer; tog bly die akademiese landskap wetenskaplik oningelig oor hoe KI ons menswees kan en gaan verander. Daar is 'n behoefte aan empiriese, konseptuele en toegepaste navorsing wat ons begrip in hierdie verband verbreed en waarop ons in hierdie spesiale uitgawe wil fokus. Die fokus is dus nié op artikels wat uitbrei op etiese kwessies of akademiese integriteit/ plagiaat nie. Die bestaande literatuur dek hierdie temas reeds voldoende.

Skryf gerus aan die gasredakteurs: prof. Anné Verhoef (

Nerina Bosman

Correspondence

tobie.vandyk@nwu.ac.za) sou u 'n artikel wou voorlê.anne.verhoef@nwu.ac.za) en prof. Tobie van Dyk (

Publication Dates

  • Publication in this collection
    09 June 2026
  • Date of issue
location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top