Open-access Verstaanbaar en bruikbaar, maar ook aangenaam? 'n Evaluering van verbruikers se ervaring met gewonetaaltegnieke

Understandable and useful, but also enjoyable? An evaluation of consumers' experience with plain language techniques

Abstract

Die definisies van sowel die International Federation for Plain Language as die ISO Gewone Taal Standaard beklemtoon dat verstaanbaarheid en bruikbaarheid noodsaaklik is vir die skep van optimale gewonetaaldokumente. In hierdie studie voer ek egter aan dat daar 'n derde meetbare element van gewonetaaldokumente is wat 'n effek op die sukses daarvan het, naamlik die manier waarop die verbruiker die gewonetaaldokumente ervaar. Vir hierdie studie is ' n kwantitatiewe korrelasionele navorsingsontwerp gebruik om die verhouding tussen respondente se ervaring, verstaanbaarheid, en bruikbaarheid van gewone-taaldokumente, asook respondente se persoonlike eienskappe, en die kontekste waarin die gewonetaaldokumente voorkom, te bepaal. Opnamenavorsing met 'n vraelys as die data-insamelingsinstrument is uitgevoer en 506 respondente het aan die studie deelgeneem. Die resultate van die studie dui daarop dat respondente oor die algemeen positiewe ervarings met gewonetaaltegnieke in dokumente gehad het. Verder is 'n sterk positiewe verhouding tussen die ervaring en die verstaanbaarheid van die gewonetaaldokumente gevind. Dit dui aan dat 'n positiewe ervaring tot 'n beter begrip van die dokumente bydra. Dit is egter nie die geval met bruikbaarheid nie, aangesien geen statisties beduidende verhouding hier gevind is nie. Wat betref buitetekstuele faktore, het slegs huistaal 'n statisties beduidende invloed op die ervaring van gewonetaaltegnieke gehad. Die resultate van hierdie studie dui dus daarop dat ervaring 'n belangrike faktor is in die sukses van gewonetaaldokumente, en gevolglik oorweeg moet word om ervaring as een van die elemente in die definisie van gewone taal in te sluit.

gewone taal; gewonetaaltegnieke; ervaring; bruikbaarheid; verstaanbaarheid; mediese konteks; finansiële konteks; regskonteks; buite-tekstuele faktore; kontekstuele faktore


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo