Open-access "Oorloë en gerugte van oorloë": Vraagstukke oor oorlog en vrede in die een-en-twintigste eeu

    UITNODIGING

    "Oorloë en gerugte van oorloë": Vraagstukke oor oorlog en vrede in die een-en-twintigste eeu

    Een van die vemaamste lesse voortspruitend uit die oorlog in Oekraïne, één wat vir etlike dekades in Europa oënskynlik verbloem was, is die uiters tersaaklike waarneming, toegeskryf aan Trotsky, dat "ons mag dalk nie in oorlog belangstel nie, maar oorlog stel in ons belang". Vrese oor die moontlikheid van 'n (derde) wereldoorlog kring uit, met verskeie streekskonflikte wat as kruitvat hiervoor kan dien. 'n Verbreding en verdieping in die oorlog tussen Rusland en Oekraïne, 'n waarskynlike Chinese inval van Taiwan en die moontlikheid van direkte Amerikaanse ingryping ter ondersteuning van laasgenoemde, en 'n ontluikende streekskonflik in die Midde-Ooste teen die agtergrond van die oorlog tussen Israel en Hamas - dié en dergelike konflikte skets die konteks van die hernieude skrikbeeld van 'n wereldoorlog, één waarin die vernaamste strydende partye met kernwapens tot die stryd kan of sal toetree. Eweneens word daar gevrees dat konflikte binne verskeie lande (hetsy in Afrika of elders) kan verdiep en oor landsgrense uitbrei. Terreur, met inbegrip van die skrikbeeld van kernterreur en radiologiese terreur, woed voort, met verskeie nuwe dimensies en nuwe domeine (o.a., kuber), hoewel die gebruik van beproefde metodes steeds gedy. Die (oënskynlike) terugkeer na 'n wêreld van internasionale oorlog, intra-staatlike konflik, en nuwe en ou vorme van terreur speel af teen die agtergrond van ingrypende tegnologiese veranderinge met die militêre aanwending van kunsmatige intelligensie as die voorbeeld by uitstek. Diepgaande tegnologiese veranderinge ontsluit die moontlikheid van nuwe vorme van oorlogvoering en, volgens sommige kenners, verhoog die waarskynlikheid van (kern)oorlog met rasse skrede. Ongelukkig, soos die vermaarde krygshistorikus Victor Davis Hanson vermeld, gaan diepgaande tegnologiese verandering nie met 'n diepgaande verandering in die menslike aard gepaard nie, 'n gevolgtrekking wat as wekroep moet dien vir 'n herbesinning van die oorsake van, enersyds, die algemene probleem van oorlog in die geskiedenis en toekoms van die internasionale politiek en, andersyds, die spesifieke oorsake van spesifieke oorloë.

    Bykomend tot die aspekte wat hier bo belig is, het hierdie beoogde temanommer van Tydskrif vir Geesteswetenskappe ten doel om die volgende te ondersoek:

    • Kontinuïteit en verandering in die voorkoms en/of uitvoering van oorlog (breedweg beskou);

    • Die terugkeer van militêre kompetisie tussen die grootmoondhede en die moontlikheid van 'n toename in die voorkoms van oorlog, met inbegrip van die vraag na die waarskynlikheid van 'n derde wereldoorlog;

    • Streekskonflikte as moontlike kruitvat vir 'n derde wereldoorlog en/of die voorkoms van en redes vir proksie-oorloë;

    • Nuwe vorme, domeine, masjinerie, metodes, taktiek en strategie van oorlogvoering (met inbegrip van terreur), sowel as oorlogvoering in die sogenaamde "grys sone" ("gray zone");

    • Hoe sien die toekoms van die oorlog in Oekraïne en dié tussen Israel en Hamas daar uit?;

    • Die oorsake van oorlog (in die algemeen en in die besonder) en moontlike oplossings (bv., die demokratiese/liberale vredesteorie) vir die weerbarstige probleem van oorlog; en,

    • Die skrikbeeld van kernoorlog, kernterreur en radiologiese terreur.

    Belangstellendes moet so gou doenlik hul belangstelling in die temanommer aandui deur óf Dr. Eben Coetzee (

    Correspondence

    NeethlingTG@ufs.ac.za) óf Prof. Ina Wolfaardt-Grabe (publikasies@akademie.co.za) te verwittig. Die sperdatum vir die inhandiging van artikels is 30 April 2025. Artikels moet in Afrikaans aangebied word. Navrae kan aan Dr. Eben Coetzee (Coetzeee2@ufs.ac.za; Tel: (051) 401 2688) gerig word.Coetzeee2@ufs.ac.za), Prof. Theo Neethling (

    Publication Dates

    • Publication in this collection
      12 Dec 2024
    • Date of issue
    location_on
    Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
    rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
    Ir para arriba