Open-access Die belang van Niklas Luhmann vir kommunikasieteorie: 'n Inleidende interpretasie.

An introduction and interpretation of Niklas Luhmann's theorising from within communication theory as a field

Abstract

Niklas Luhmann word gehuldig as een van die mees fassinerende sosiale teoretici van die 20ste eeu, hoewel geen van sy werke nog binne kommunikasieteorie as 'n studieveld bespreek is nie. Sommige van die radikale stellings wat hy maak, soos dat menslike individue glad nie kan kommunikeer nie, kan dalk verklaar hoekom selfs die mees welbekende teoretici in die veld soos Craig (1999; 2007), Littlejohn en Foss, en Miller (2009) van sy teoretisering wegskram. Die artikel werp 'n blik op Luhmann se intellektuele agtergrond en poog om twee van sy verwarrende aannames te verduidelik, naamlik dat slegs kommunikasie kan kommunikeer en dat kommunikatiewe sisteme totaal en al geslote is. Uiteindelik word sosiale outopoiëse beskryf as 'n moontlike teoretiese raamwerk vir toekomstige studies in kommunikasieteorie as 'n veld.

Kommunikasieteorie; Niklas Luhmann; sosiale outopoiëse; operasionele geslotenheid; funksionele differensiasie


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo