Open-access Die belewing van betekenisvolheid deur 'n groep Suid-Afrikaners

Meaningfulness as experienced by a group of South Africans

Abstract

Positiewe sielkunde, of psigofortologie, fokus op die verstaan en bevordering van psigologiese welstand. Dit is ook gerig op die identifisering en uitbou van sterkpunte by individue, families en gemeenskappe om lewenskwaliteit te bevorder en om voorkomend op te tree. Vanuit verskeie konseptualiserings oor psigologiese welstand het twee denkskole ontstaan, naamlik die hedoniese en eudaimoniese perspektiewe. Betekenisvolheid is een van die kernaspekte van die eudaimoniese verwysingsraamwerk en 'n belangrike komponent vir die verstaan van psigologiese welstand. Hierdie studie fokus op die persoonlike ervaring van betekenisvolheid deur individue op grondvlak. Kwalitatiewe en kwantitatiewe data-insamelingsmetodes is gebruik en aandag is spesifi ek gegee aan die belewing van betekenisvolheid in verskillende lewensdomeine. Ewe veel mans en vrouens (N=104) tussen die ouderdomme 30 en 50 jaar, en ewe veel met sekondêre of tersiêre opleiding, het die Eudaimonic-Hedonic Happiness Instrument (EHHI-i) voltooi nadat ingeligte toestemming verkry is. Kwalitatiewe data is gekodeer, in hoërorde-kategorieë geabstraheer en getransformeer in persentasies response per kategorie. Kwantitatiewe gegewens se gemiddelde tellings per lewensdomein is bereken. Die resultate van die kwalitatiewe sowel as die kwantitatiewe data dui daarop dat familie (1) en spiritualiteit (2) die lewensdomeine is waarin individue die meeste betekenisvolheid ervaar. Daarna volg die lewensdomeine werk, gesondheid, interpersoonlike verhoudinge en persoonlike groei. Die lewensdomeine waarin die respondente die minste betekenisvolheid ervaar het, is ontspanning, lewenstandaard, en gemeenskaps- en sosiale aktiwiteite. Die bevindinge het teoretiese en praktiese implikasies.

Betekenisbelewing; betekenisvolheid; Suid-Afrikaners; eudaimoniese perspektief; hedonistiese perspektief; lewensdomeine; psigologiese welstand; psigofortologie; positiewe sielkunde; familie; spiritualiteit; gesondheid; werk; ontspanning; lewenstandaard; gemeenskapsbetrokkenheid


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top