Open-access Vier visies op Christus se teenwoordigheid by die nagmaal: ʼn Analise van hulle filosofiese grondslae

Four viewpoints on Christ's presence at the Lord's Supper: An analysis of their philosophical foundations

Abstract

Gedurende die sestiende eeu - en tot vandag - kon vier verskillende visies op Christus se teenwoordigheid by die mis en die nagmaal, ten spyte daarvan dat almal hulle op die Skrif beroep het, geen eenstemmigheid bereik nie. Hierdie studie stap terug in die geskiedenis om vas te stel watter filosofiese strominge destyds geheers het en hoe die wysgerige grondslae gelyk het wat hierdie teologiese verskille en geskille veroorsaak het. So 'n benadering verklaar die transsubstansialistiese Katolieke visie, Luther se konsubstansialisme, Zwingli se herinnering deur die verstand en Calvyn se gevoelservaring van die hart by hierdie sakrament. Hoe die ontmoeting tussen God en mens daarby plaasvind, is by almal tot 'n mate verduister deur Bybels-vreemde denke oor sowel Christus as die mens. Die rede is dat die vraag hoe Christus by die nagmaal teenwoordig is nie werklik beantwoord kan word sonder om 'n denker se beskouinge oor Wie God is en wat die mens is ter sprake te bring nie. In al vier gevalle was daar ook een of ander vorm van semi-mistiek ter sprake, wat nie die Bybelse radikale onderskeid tussen Skepper en skepping gehonoreer het nie.

Beskouinge oor: eucharistie, nagmaal; konsubstansiasie; teenwoordigheid van Christus en Heilige Gees; transsubstansiasie. Verteenwoordigers: Aquino, Thomas van (1224-1274); Calvyn, Johannes (1509-1564); Eck, Johann (1486-1543); Luther, Maarten (1483-1546); Ockham, Willem (1285-1349); Zwingli, Ulrich (1484-1531). Antropologieë: redelike en gevoelservaring; deelname (partisipasie) en deïfikasie; semi-mistiek; siel en liggaam; sielsfunksies (trigotomie) Filosofiese strominge: Augustinianisme; Humanisme; Neoplatonisme; Ockhamisme; Skolastiek; Stoïsisme


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top