Open-access Redakteursnota

AKTUEEL

Redakteursnota

In die vorige uitgawe, Junie 2022, het die redaksie 'n ope uitnodiging aan lesers gerig om te reageer op die meningsartikel van prof. Chris Brink, voormalige rektor aan die Universiteit Stellenbosch (2002-2007), oor "die twintig jaar van openbare taaldebat op Stellenbosch" (p. 411). In hierdie uitgawe publiseer ons die reaksie van dr. Edwin Hertzog, voormalige voorsitter en ondervoorsitter van die Raad van die Universiteit Stellenbosch (2000-2008).

Dr. Hertzog se uiteindelike bevinding is "dat die aanpassings wat gedurende prof. Brink se termyn aan die taalbeleid gemaak is, nodig en in die beste belang van die universiteit was" (p. 608). Hy vind dit wel jammer dat "die akademiese onderbou van Afrikaans in die proses onder druk gekom het" (p. 608).

Twintig jaar later het die tersiere landskap in Suid-Afrika onherroeplik verander en is Afrikaans as wetenskapstaal ongetwyfeld onder druk. Nietemin is daar die afgelope twintig jaar ook verskeie inisiatiewe onderneem waardeur Afrikaans op verskillende terreine bevorder is. Hiervan is die stigting van Akademia, 'n privaat hoeronderwysinstelling, onteenseglike getuienis van 'n voortgesette betrokkenheid by die handhawing van Afrikaans as wetenskaps-taal.

Die redaksie beplan 'n temanommer oor huidige en toekomstige inisiatiewe rakende Afrikaans, waarin herbesinning oor vroeere optredes en standpunte beslis ook sal figureer. Prof. Wannie Carstens sal as gasredakteur optree en belangstellendes word versoek om aan hom te skryf by:

Ina Wolfaardt-Gräbe

Redakteur: Tydskrif vir Geesteswetenskappe

E-posadres:

Publication Dates

  • Publication in this collection
    19 Sept 2022
  • Date of issue
location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba