Open-access Opname- en elimineringskriteria vir die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls: Die geval emeritus. Deel 2

Inclusion and elimination criteria for the Afrikaanse Woordelys en Spelreëls: The case of emeritus. Part 2

Abstract

Sedert 2006 het die Taalkommissie (TK) begin om formele riglyne vir die opname of eliminering van lemmas in die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) saam te stel; dié riglyne is deur Van Huyssteen (2017b - kyk Deel 1 in hierdie uitgawe) in ʼn operasionaliseringsraamwerk geformaliseer. Die doel van hierdie artikel is om die operasionaliseringsraamwerk uitvoerig aan die hand van ʼn gevallestudie, te wete die geval emeritus, te illustreer. In die eerste elf stappe word vrae beantwoord wat die makrostrukturele status van die lemma in die woordelysgedeelte van die AWS raak, naamlik of emeritus opgeneem moet word of nie. Agt van dié vrae kan positief beantwoord word en dien as motivering vir die opname van emeritus as lemma. Die laaste ses stappe se vrae het betrekking op die mikrostrukturele hantering van emeritus, naamlik hoe dit in die AWS opgeneem moet word. Op sterkte van die analises word tot die gevolgtrekking gekom dat emeritus soms as selfstandige naamwoord (met slegs die meervoud emeriti) in Afrikaans funksioneer, maar meestal as prenominale adjektief (byvoorbeeld emeritus aartsbiskop).

Afrikaans; Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS); eliminerings-kriteria; leksikografie; normatiewe taalkunde; opnamekriteria; ortografie; Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK); Taalkommissie (TK)


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo