Open-access Afrikaans as besitting, en die vraagstuk van herstandaardisering

Afrikaans as property, and the question of restandardisation

Die siening van taal as besit van die Afrikaanse taalgemeenskap, individueel en kollektief, word in hierdie artikel ondersoek en in verband gebring met die verskeidenheid van variëteite wat in die taalgemeenskap bestaan. Die vertrekpunt is die verskillende benaderings van die sosiolinguistiek, die intellektueelgoederereg en taalbeplanning tot taal as entiteit. In die laaste instansie word daar gefokus op die aard en funksie van standaardtaal as (dikwels omstrede) variëteit en die vraag of die herstandaardisering van Afrikaans as regstelling van historiese gebreke in die standaardi-seringsgeskiedenis oorweeg kan word. Dit blyk uit 'n ontleding van alle verbandhoudende faktore dat herstandaardisering 'n relatiewe begrip is en nie gelykgestel kan word aan demokratisering nie (vergelyk Kotzé 2011b), en daar veel effektiewer alternatiewe wyses bestaan om sprekersvariëteite van Afrikaans tot hulle reg te laat kom.

taal as eiendom; taal en kultuur; taal en die reg; standaardafrikaans; gebruikersvariëteit; gebruiksvariëteit; taalnorme; taalnormeerders; Taal-kommissie; demokratisering; herstandaardisering; destandaardisering; taalbeplanning


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo