Open-access Verhoogde leksikografiese toeganklikheid in die oorgang van 'n toeristewoordeboek na 'n toeriste-gids as naslaanbron

Increased lexicographic accessibility in the transition from a tourist dictionary to a tourist guide

Die ontwikkeling van die leksikografieteorie is daarop gerig om die produksie van beter woordeboeke te verseker. As naslaanbronne het woordeboeke 'n bepaalde data-aanbod, vertoon hulle sekere leksikografiese strukture en moet hulle bepaalde leksikografiese funksies bevredig. Talle aspekte van die teoretiese leksikografie sou ook gebruik kon word in die beplanning en samestelling van ander naslaanbronne. In hierdie bydrae word gewys hoe bepaalde beginsels uit die teoretiese leksikografie vir die daarstelling van ander naslaanbronne benut kan word. 'n Verhoging in die toegang tot data en 'n doeltreffender onttrekking van inligting word in die vooruitsig gestel in die geval waar bestaande toeristewoordeboeke opgeneem word in omvattender toeristegidse wat volgens 'n geleksikografiseerde benadering saamgestel is. Die fokus is op die benutting van leksikografiese funksies en op 'n erkenning aan verskillende onderafdelings van die toegangsproses in naslaanbronne.

Geamalgameerde komponent; kognitiewe funksie; kommunikatiewe funksie; laaistruktuur; leksikografie; leksikografiese funksies; naslaanbron; operatiewe funksie; toegangsproses; toegangsroetes; toeganklikheid; toeristegids; toeristewoordeboek


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba