Open-access Kerk en staat in twee gereformeerde kerkordes: 'n Ontleding van die Kerkordes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika en die Ned Geref Kerk ná 1962

Church and state in two reformed church orders: An analysis of the orders of the Reformed Churches in South Africa and the Dutch Reformed Church post-1962

Abstract

Die houding van kerke oor die verhouding kerk-staat toon ook elemente van die betrokke kerk se houding oor kerk en samelewing. Die benadering van twee Suid-Afrikaanse gereformeerde kerke na 1962 in hulle Kerkordes oor die verhouding kerk-staat, word ondersoek: die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) en die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK). Beide kerke verteenwoordig 'n standpunt wat tot op die Kerkorde (DKO) van die Nasionale Sinode van Dordtrecht in 1619 teruggaan. Soos in die DKO speel die Nederlandse Geloofsbelydenis van 1561 'n rol in die hantering van die saak deur beide Kerkordes. Die invloed van latere neo-Calvinistiese denkers skemer ook deur: sterker in die Kerkorde van die NGK as van die GKSA. Beide Kerkordes vertoon tekens van hulle eie tyd, hoewel die Kerkorde van die NGK hiervan ook meer dra as dié van die GKSA.

Belydenis bevat kernaspekte van geloof; Kerkorde gebonde aan Skrif en belydenis; Kerkorde bepaal kerkregering; Kerkorde-orde vir kerk teenoor staat; Dordts-gereformeerde benadering


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba