Open-access Traumaverwerking in Krog se Kleur kom nooit alleen nie

Trauma Processing in Krog's Kleur kom nooit alleen nie [Colour Never Comes Alone]

Abstract

Hierdie artikel ondersoek die terapeutiese waarde van poësie skryf in die verwerking van trauma.3 Daar word gefokus op Antjie Krog se digbundel Kleur kom nooit alleen nie (2000), veral die afdelings "Wondweefsel" en "Bindweefsel" met verse oor die Anglo-Boereoorlog, apartheid en die Rwandese volksmoord. Krog se rol as sekondêre getuie tydens die Waarheids- en Versoeningskommissie kom onder die loep en daar word gekyk na hoe sy haar eie trauma van die WVK-verhore verwerk, asook wat die nagevolge is van haar deelname daaraan (wat Laub noem "hazards of listening"). Daar word ook verwys na die geskenk van stories (getuienis) en die verantwoordelikheid van die sekondêre getuie om hulle etiese plig te vervul en daardie stories ook aan ander mee te deel, sodat diegene wat gesterf het, kan voortleef in herinneringe.

Antjie Krog; Kleur kom nooit alleen nie; Afrika; gedigte; traumaverwerking; traumatiese geheue; sekondêre getuie


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo