Open-access Die praktyk van Wiskunde-onderwysersamewerking soos gefundeer in die leergemeenskapsraamwerk en die uitnodigende onderwysbenadering

The practice of Mathematics teacher collaboration as grounded in the learning community framework and the invitational education approach

Abstract

Studies toon dat modelle van samewerkende leer, onderwysers se metodes en leerders se prestasie kan verbeter. Hierdie gevallestudie, wat deel is van 'n groter studie, fokus daarop om Wiskunde-onderwysers se persepsies van hul samewerking in 'n laerskool, en hoe dit verband hou met die leergemeenskapsraamwerk en uitnodigende-onderwys-benadering, te verstaan. Data-insameling vir die kwalitatiewe studie sluit 'n fokusgroeponderhoud met onderwysers in die departement, skriftelike mededelings van onderwysers en individuele onderhoude met die skoolhoof in. Die data-ontleding maak die spesifieke verhoudings wat onderwysers gevorm het as 'n resultaat van hul samewerking, die formele en informele geleenthede vir samewerking tussen onderwysers en ook die impak - persoonlik en professioneel - wat samewerking op onderwysers gehad het, duidelik.

leergemeenskappe; uitnodigende onderwys; primêre skool; gevallestudie; professionele ontwikkeling; Wiskunde-onderwysers


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo