Open-access Hoër onderwys as navorsings- en studiegebied in Suid-Afrika: 'n Historiese en tematiese perspektief

Higher education as a field of study and research in South Africa: a historical and thematic perspective

Abstract

Hierdie artikel ondersoek veral drie aspekte rakende die hoër onderwys as 'n navorsings- en studiegebied in Suid-Afrika. Eerstens word 'n aantal momente uit die geskiedenis van hoëronderwysstudie geskets - veral voor 1994. Daarna word die studieveld beoordeel teen die agtergrond van bestaande internasionale tematiese karterings van die studieveld buite die Verenigde State van Amerika - meer spesifiek teen dié van Malcolm Tight, 'n gerekende hoëronderwyskundige in die Verenigde Koninkryk. Derdens word 'n aantal aangeleenthede aan die orde gestel met die oog op die uitbreiding en verdere ontwikkeling van hierdie veld van studie en navorsing in Suid-Afrika.

Hoër onderwys; navorsingsterrein; studieveld; hoër onderwys in SuidAfrika; temas in hoër onderwysnavorsing; navorsing in hoër onderwys


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba