Open-access Die waarde van literêre teater in die bewussyns-opvoeding van psigoterapiestudente

The value of literary theatre in the consciousness education of psychotherapy students

Abstract

In hierdie konseptuele artikel word die waarde van literêre teater in die bewussynsopvoeding van psigoterapiestudente as beginnerterapeute toegelig. 'n Eerste uitgangspunt van die artikel is bewussynsopvoeding om die ontologiese ingesteldheid as singewende intensionaliteit te kultiveer wat gekenmerk word deur synsdenke en sensitiwiteit vir die gelyktydige teenstry-dighede eie aan die menslike bestaansproblematiek. Teen hierdie agtergrond word die betekenisvolheid van bewussynsopvoeding as geestelike ideaal of Bildung-strewe beskryf, eerder as die performatiewe ideaal van nuwe kennis gerig deur 'n gespesifiseerde doel. Twee moontlike eietydse dilemmas wat psigoterapiestudente se ontwikkelende vermoë tot bewus-synsmatige betrokkenheid soms bemoeilik, word terselfdertyd belig. Dit sluit in begin-nerpsigoterapeute se oormatige selfbewustheid en sentimentele emosionaliteit, asook die tegnokratiese aard van massasielkunde. In die daaropvolgende afdelings verduidelik ons aan die hand van enkele eksemplariese onderrigvoorbeelde hoe literêre teater vanweë die inherente beliggaming van die eksistensieel-fenomenologiese karakter daarvan moontlik kan bydra tot die verskerping en inoefening van psigoterapiestudente se vermoë tot groter bewussynsmatig-heid.

bewussynsopvoeding; psigoterapie; literêre teater; argetipes; psigotera-piestudent; opleiding; beginnerpsigoterapeute; eksistensieel-fenomeno-logiese disposisie; massasielkunde; simboliese taal


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba