Open-access Gemeenskappe in 'n gedifferensieerde samelewing

Communities within a differentiated society

Op die basis van verskillende tipes grondbegrippe ondersoek hierdie artikel die aard van verskillende wyses van omgang en verkeer in 'n gedifferensieerde samelewing - as alternatief op die eensydighede van individualistiese en universalistiese samelewingsbeskouings. Jellinek verwys selfs na hierdie twee sienings as wêreldbeskouings. Dit verantwoord die aard van maatskapsverhoudinge, gemeenskapsverhoudinge en verbandsverhoudinge en sluit af met 'n saaklike bespreking van enkele grondmomente van die wysgerige grondidee waarmee Goosen opereer.

Geheel-dele; individualisme; atomisme; universalisme; holisme; polis; vorm-materie motief; elementêre grondbegrippe; saamgestelde grond-begrippe; tipe begrippe; begripstransenderende kennis; solidêre eenheidskarakter; permanente gesagstruktuur; maatskapsbetrekkinge; gemeenskappe; verbande; soewereiniteit-in-eie-kring; logiese skepping; redelike orde


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top