Open-access 'n Vergelyking tussen verwante tale, insluitende Bildts en Afrikaans

A comparison between related languages, including Bildts and Afrikaans

Abstract

Die artikel fokus op ooreenkomste tussen verwante tale, onder andere Bildts en Afrikaans. Hierdie twee tale het 'n gemeenskaplike oorsprong en toon ooreenkomste op bepaalde terminologiese gebiede, veral die landbou. Die terminologies van hierdie tale en ander soortgelyke tale, soos Nederduits, Fries en Nederlands, kom onder die loep. Bepaalde ooreenkomste tussen Bildts, Afrikaans en die Suid-Afrikaanse amptelike Sintutale word ook bespreek. Dit is interessant dat verwante tale terme deur die prosesse van transliterasie en ontlening kan deel, hoewel die kontinente waarop hulle gebruik word, van mekaar verwyder is. 'n Taal, dialek of 'n taalvariëteit staan 'n beter kans om deur leksikografiese prosesse en terminologieskepping te ontwikkel (en te oorleef) as daardie taal of taalvariëteit gestandaardi-seer is en as sodanig erken word. Dit is dus van die uiterste belang om die woordvormingsbeginsels en skryf- en spelreëls van tale of taalvariëteite vas te lê. Hierdie proses, sowel as die opteken van die skriftelike vorm van 'n taal of taalvariëteit lei tot die ontwikkeling van leksikografiese en terminografiese produkte in daardie taal of taalvariëteit.

dialek; leksikografie; leksikon; nieverwante taal; ontstaansgeskiedenis; ooreenkoms; streektaal; terminologie; variëteit; verwante taal


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo