Open-access Oor feekse en helleveë

On shrews and harridans

Abstract

Navorsing oor vloekwoorde (hier gebruik as 'n hiperoniem om ander verskynsels en/of sinonieme in te sluit, waaronder swets, skel, (gods)laster en vuil taal) word al internasionaal vir baie jare in 'n verskeidenheid wetenskaplike dissiplines gedoen. Daarteenoor is daar baie min tot geen navorsing oor vloek in die Suid-Afrikaanse konteks gedoen nie. In hierdie artikel word twee navorsingsvrae oor twee spesifieke vloekwoorde, feeks en helleveeg, beantwoord, te wete: 1. Hoe lyk die konstruksionaliseringsnetwerk van feeks en helleveeg? 2. Wat is gebruikers se opinie oor feeks en helleveeg, met spesifieke verwysing na selfgerapporteerde frekwensies (sowel produksie (sê/skryf), as persepsie (hoor/lees)); die taboewaarde (d.i. aanstootlikheid vir self en vir ander); persepsie oor die prominensie (d.i. emosiebelaaidheid, opvallendheid en bekendheid); en die geslagskonnotasie van die referent van dié twee woorde? Resente insigte in die etimologie van feeks en helleveeg word in detail bespreek, terwyl voorstelle vir visuele voorstellings van etimologiese inligting en konstruksionaliseringsnet-werke aan die hand gedoen word. Daar word ook uitvoerig gerapporteer oor 'n persepsie-ondersoek wat met behulp van aanlyn vraelyste oor dié twee woorde gedoen is. Met behulp van 'n tekentoets vir verbandhoudende steekproewe, word die verskillende dimensies van die twee woorde met mekaar vergelyk. Die artikel sluit af met 'n vooruitskouing op toekomswerk.

etimologie; feeks; frekwensie; gebruiksgebaseerd; helleveeg; keuse-model; korpuslinguistiek; konstruksionalisering; konstruktikografie; leksikologie; meningspeiling; netwerk; sinoniem; taboewaarde; tekentoets vir verbandhoudende steekproewe


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba