Open-access Bestuurders en werknemers se houding teenoor persone met fisieke gestremdhede in die werksplek

Managers' and employees' attitudes towards people with physical disabilities in the workplace

Abstract

Suid-Afrika is 'n land wat die afgelope twee dekades ingrypende veranderinge in die politieke arena ondergaan het. Hierdie veranderinge het aanleiding gegee tot verbeterde bestuur van die diverse Suid-Afrikaanse bevolking, wat die doeltreffende bestuur van persone met gestremdhede noodsaak. Gestremdheid is 'n internasionale verskynsel wat plaaslik, nasionaal en internasionaal kommentaar ontlok. Persone met gestremdhede verteenwoordig 'n groot persentasie van die bevolking wat graag wil werk, maar werkloos bly aangesien bestuurders nie hulle potensiaal erken nie. Die hoofrede vir die uitsluiting van persone met gestremdhede van die hoofstroom, is negatiewe houdings en vooroordele van persone sonder gestremdhede teenoor persone met gestremdhede, asook 'n gebrek aan bewustheid van die vermoë van persone met gestremdhede. Verskeie faktore beïnvloed die houdings van persone sonder gestremdhede teenoor persone met gestremdhede, byvoorbeeld die strategiese prioriteit wat bestuurders aan persone met gestremdhede gee. In die lig van bogenoemde, is die doel van hierdie studie om bestuurders en werknemers se houding teenoor persone met fisieke gestremdhede in die werksplek te ondersoek. Uit die resultate wat in die studie verkry is, kan verskeie aanbevelings gemaak word, byvoorbeeld dat bestuurders 'n verhoogde bewustheid van die voordele van 'n diverse werksmag moet ontwikkel, en meer spesifiek van die bydrae wat persone met gestremdhede in die werksplek kan lewer

diversiteit in die werksplek; gestremdheid in die werksplek; vooroordele teenoor persone met fisieke gestremdhede; houdings teenoor persone met fisieke gestremdhede; diskriminasie teenoor persone met fisieke gestremdhede


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba