Christiaan Willem Hendrik van der Post (1856-1914) was 'n veelsydige skrywer wie se werk teruggaan op ooggetuieverslae uit die voortrekkertyd. Sy boek Piet Uijs of Lijden en Strijd der Voortrekkers in Natal stel dat geloof en regverdigheid deugde is wat nagestreef moet word, selfs al eindig dit in mislukking. Van der Post se werk vertoon 'n teokratiese grondhouding. Dit is die mens se geloofsgehoorsaamheid en edele voorbeeld in moeilike omstandighede wat tel. In intermenslike verhoudings is dit geloofsverbondenheid wat belangrik is; ras speel geen rol in Van der Post se boek nie. Anders as sy Britse tydgenote koester hy geloofsverwagting vir die swart heidense stamme van Suidelike Afrika.
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 -
E-mail: publikasies@akademie.co.za

