Open-access Die konteks van die Koninklike Toonkuns-akademie in München en sy Suid-Afrikaans gebore studente, 1902-1909: Mabel Wuesto, Vera de Villiers, Daisy Bosman en Irma Lohner

The context of the Royal Academy of Music in Munich and its South African born students, 1902-1909: Mabel Wuesto, Vera de Villiers, Daisy Bosman and Irma Lohner

Abstract

Die jaarboeke van die Königliche Akademie der Tonkunst in München toon dat daar vier Suid-Afrikaans gebore vroue in die vroeë twintigste eeu (1902-1909) aan die instansie studeer het. Die konsep "plek" is die uitgangspunt van die artikel. Watter invloede sou die plek München en die Koninklike Toonkuns-akademie op die identiteit van studente uit Suid-Afrika kon hê? Aan watter omstandighede, dosente en medestudente is hulle blootgestel? Wat was dus die konteks waarbinne hulle studeer het? Dit is duidelik dat die Toonkuns-akademie 'n konserwatiewe instelling was waar daar byvoorbeeld 'n streng onderskeid tussen manstudente en damestudente getref is. Die Akademie het oorspronklik uit drie afdelings bestaan: "'n Voorbereidende Skool, 'n Hoër Vroulike Afdeling en 'n Hochschule vir studente van die manlike geslag - die eintlike Akademie". Die belangrikste bronne is die jaarboeke wat elke jaar verskyn het (beskikbaar in die Beierse Staatsbiblioteek en die argief van die Hochschule für Musik und Theater in München) en die volumes met studenterapporte wat vanaf die akademiese jaar 1900/1901 beskikbaar is (Hochschule für Musik und Theater). Ongelukkig is daar geen briewe aan en van die bestuur van die Akademie beskikbaar nie (soos wel van die Hochschule in Berlyn die geval is). Die volgende vier persone word bespreek: Mabel Wuesto (gebore in Kimberley, viool, 1902-1904), Vera de Villiers (Pretoria, klavier, 1902-1904), Daisy Bosman (Bloemfontein, sang, 1906-1908 ) en Irma Lohner (Pretoria, sang, 1907-1909). Navorsing oor die lewens van hierdie persone is nou nodig sodat vasgestel kan word hoe hulle later die omvangryke indrukke en ervaring wat hulle in die "plek" München en die "plek" Königliche Akademie der Tonkunst versamel het deur middel van hulle nuwe ontwikkelde identiteit aan hulle gemeenskappe oorgedra het.

Daisy Bosman; Vera de Villiers; identiteit; Königliche Akademie der Tonkunst in München; Koninklike Toonkuns-akademie in München; konteks; Irma Lohner; die konsep "plek"; Suid-Afrikaanse musiekstudente; Mabel Wuesto


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top