Open-access Die probleem van representasionalisme en die moontlikhede van retoriek(e) van die lyf ter oorweging vir 'n gesonde gemeenskap

The problem of representationalism and the possibilities of rhetoric(s) of the body for consideration of a healthy community

Representasionalisme, gevoed deur 'n rigiede identiteitspolitiek en afkomstig uit 'n essensialistiese werklikheidsbeskouing, word hier geproblematiseer (hoewel nie afgeskryf nie), veral as gangbare diskoers vir 'n multikulturele Suid-Afrika. Verankerd in die Grondwet, is dit 'n vraag of dit die verskille van 'n multikulturele samelewing kan hanteer. Die vraag word egter oopgelaat om meer op die problematisering van identiteitspolitiek self te fokus. So word dan ook interseksionaliteit, afkomstig vanuit feministiese kringe, as illustrasie van dié problematiek aangebied. Eerder as om identiteitspolitiek, wat ook aandring op die handhawing van individuele en kollektiewe regte, af te skryf, word geargumenteer dat retoriek(e) van die lyf, geïnformeer deur diskursiwiteit wat tot die produsering en onderhouding van verskillende subjektiwiteite aanleiding gee, dalk beter tot 'n gesonde gemeenskap kan bydra.

Retoriek van die lyf; lyflike retoriek; liggaamspolitiek; identiteit; identiteitspolitiek; representasie; verteenwoordiging; essensialisme; taal en werklikheid; gehabitueerde liggaam; materialisering van die liggaam; verskil; interseksionaliteit


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba