Open-access Afrikaans op Twitter in 'n wêrelddorp: 'n McLuhaniaanse perspektief

Afrikaans on Twitter in a global village: A McLuhanian perspective

Abstract

In die artikel word 'n kwalitatiewe navorsingsontwerp gevolg om die toepaslikheid van McLuhan en McLuhan (1988) se media-effekraamwerk in ʼn wêrelddorpkonteks te ondersoek. Die Afrikaanse aanlyn organisasie, Afrikaans.com, se Twitterprofiel, wat ten doel het om die Afrikaanse taal te bevorder, is as ʼn voorbeeld van ʼn wêrelddorp gebruik. Twitter verteenwoordig die digitale era oorwegend as 'n kommunikasie- en inligtingsmedium en vervul dus 'n belangrike rol in die media-ekologie wat by verdere beskrywing kan baat vind. Veral die sosiale media verleen ʼn nuwe perspektief aan die vier media-effekte soos die steekproefdata, as ʼn voorbeeld van McLuhan se wêrelddorpmetafoor, illustreer. Die bevindinge toon oortuigend aan hoe die vier media-effekte relevant is vir Afrikaans.com se Twitterprofiel as wêrelddorp. Die vraag word ook gestel of die media-effekte relevant sal bly namate Twitter en ander sosialemediaplatforms as gevolg van voortdurend veranderende tegnologie ontwikkel. Derhalwe word 'n vyfde media-effek voorgestel om die fyner nuanses van Twittergesprekke te ontleed.

deduktiewe tematiese analise; McLuhan; media-effekte; media-ekologie; sosiale media; Twitter


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top