Open-access Die rol van godsdienstige identiteit in die bepaling van die "vervolgingsmodus" vir misdade teen die mensdom

The role of religious identity in determining the "mode ofpersecution" for crimes against humanity

Abstract

'n Persoon se identiteit bestaan uit veelvuldige "identifiseerders", insluitende godsdiens. Hierdie godsdiens georiënteerde identiteit ("godsdienstige identiteit") moet geïnterpreteer word teen die agtergrond van die reg op vryheid van "gewete, godsdiens, denke en oortuiging". Oor die algemeen is "godsdienstige identiteit" verwant aan die afgeleide effek van 'n persoon se bepaalde eksistensiële oortuiging wat sy/haar innerlike bewussyn en diep eksistensiële identiteit uitmaak, asook sy/haar begrip van die lewe vorm. As 'n beskermde aspek van menslike identiteit, sal ernstige diskriminierende maatreëls op grond van godsdienstige identiteit neerkom op die skending van grondliggende menseregte. Dit kan ook tot gevolg hê dat die vervolger individuele strafregtelike aanspreeklikheid kan opdoen vir godsdiensgebaseerde vervolging as 'n misdaad teen die mensdom. Om sodanige vervolgingsmodus te bepaal, word vereis dat die vervolgde se godsdienstige identiteit die primêre diskriminerende grondslag is waarop die vervolger sodanige slagoffer teiken. Dus, om 'n situasie as godsdiensgebaseerde vervolging te klassifiseer, vereis 'n begrip van die vervolgde se godsdienstige identiteit en hoe dit verband hou met die vervolger se diskriminerende opset. 'n Bepaling van die rol van godsdienstige identiteit in 'n gegewe situasie is dus noodsaaklik om die vervolgingsmodus te bepaal.

internasionale strafreg; godsdiensvryheidsregte; internasionale strafhof; vervolgingsmodusse; godsdiensgebaseerde vervolging as 'n misdaad teen die mensdom ("godsdiensgebaseerde vervolgingsvergrype"); godsdienstige identiteit; godsdiensgerigte diskriminasie


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo