Open-access Van apartheid na 'n bedeling gegrond op fundamentele regte in Suid-Afrika: Het die politieke transformasie gelei tot 'n verbetering in onderrig en leer?

From apartheid to a fundamental rights dispensation in South Africa: Did political transformation result in an improvement in education?

Abstract

Gedurende die Suid-Afrikaanse apartheidsbedeling het talle aspekte van die samelewing mank gegaan aan die erkenning en toepassing van fundamentele regte soos vryheid, gelykheid en menswaardigheid. In plaaslike wetgewende bepalings was daar geen gelyke beregtiging vir mense van kleur nie. Die gevolg daarvan was dat leerders uit hierdie gemeenskappe ontneem is van gelyke toegang tot onderwysgeleenthede. Gedurende die 20ste eeu het verskeie internasionale instrumente verskyn wat die belangrikheid van gelyke toegang tot die onderwys vir almal uitgestippel het. Weens die heersende apartheidsbestel het die Suid-Afrikaanse regering nie hierdie dokumente onderteken nie, en gevolglik is nie een van hierdie dokumente amptelik geratifiseer vir toepassing in Suid-Afrika nie. Die negentigerjare, met die promulgering van die nuwe Suid-Afrikaanse Grondwet, het egter 'n drastiese verandering in onderwysbeleid teweeg gebring. Veral die hoofstuk oor fundamentele regte in die Grondwet het sterk klem gelê op waardes soos vryheid, gelykheid, gelyke beregtiging en menswaardigheid, met inbegrip van gelyke, vrye toegang tot primêre onderwys. Internasionaal-vergelykende opnames sedert die grondwetlike oorgang skyn egter daarop te dui dat hierdie oorgang nie ook die verwagte uitkomste meegebring het wat die geletterdheids- en gesyferdheidsvermoëns van die leerders betref nie.

fundamentele regte; gelykheid; apartheid; verandering; onderwys; onderrig en leer


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba