Open-access Toekomsverwagtings onder die jeug van die bruin1 bevolkingsgroep in Suid-Afrika

Future expectations amongst the youth of the brown population group in South Africa

Normaalweg visualiseer die jeug 'n toekoms waarin hulle as volwaardige burgers kan woon, werk en bydra tot die ontwikkeling van hul vaderland. Hierdie toekomsperspektief is opvoedkundig van groot belang, omdat dit 'n wesenlike faktor in leermotivering is. Die bruin bevolkingsgroep in Suid-Afrika het te kampe met talle maatskaplike, ekonomiese en politieke uitdagings as gevolg van volgehoue marginalisering, ook in die nuwe politieke bedeling in Suid-Afrika. Teen hierdie agtergrond is die volgende navorsingsvraag geformuleer: In watter mate is die bruin jeug skepties oor hul toekoms in Suid-Afrika? 'n Vraelysondersoek is onder Graadll leerders gedoen. Teen die verwagting in het dit geblyk dat respondente oorwegend positief was oor die verwesenliking van hul toekomsideale in Suid-Afrika. Hierdie bevinding hou veel goeds in vir die maatskaplike opheffing en positiewe selfbeeld van Suid-Afrika se bruin gemeenskap.

Jeug; adolessente; toekomsverwagtinge; bruin bevolkingsgroep; maatskap-like probleem; misdaad; Suid-Afrika


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top