Open-access Johannes Calvyn (1509-1564) se mensbeskouing: 'n Christelik-filosofiese waardering

John Calvin's view of the human being: A Christian philosophical appraisal

Hierdie studie word aangebied ter herdenking van die geboorte van die hervormer, Johannes Calvyn, 500 jaar gelede (1509). Dit handel oor 'n belangrike aspek van sy denke, naamlik sy mensbeskouing volgens die finale uitgawe van sy Institusie (1559). Ter inleiding word iets vermeld van die voortgesette belangstelling in en relevansie van hierdie denker - ook in Suid-Afrika; 'n meer gebalanseerde evaluering van sy denke word voorgestel; die metode wat daarby gevolg word, word verduidelik. Daarna word die volgende fasette van Calvyn se antropologie bespreek: (1) die religieuse karakter van menswees; (2) sy onderskeid tussen siel en liggaam; (3) sy standpunt oor die onsterflikheid van die siel; (4) sy visie op die mens as beeld van God; (5) sy onderskeid tussen natuurlike en bonatuurlike gawes. Die slotgedeelte bevat 'n opsommende evaluering asook 'n les vir vandag.

Reformasie (16e eeuse); Johannes Calvyn (1509-1564); die Institusie (1559); Calvynnavorsing; Calvinisme (in Suid-Afrika); Grieks-Romeinse filosofie; Platonisme; Augustianisme; parsiële universalisme; Godskennis; religie; siel en liggaam; onsterflikheid (van die siel); kreasianisme; wêreldveragting; natuurlike en bonatuurlike beeld van God


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo