Open-access Innoverende openbare sektoronderrig en opleiding in 'n ontwikkelende Suid-Afrika: Die impak van en response op globalisering

Innovative public sector education and training in a developing South Africa: the impact of and responses to globalisation

Abstract

Aan die begin van die 21ste eeu is globalisering waarskynlik een van die mees opmerkbare wêreldwye tendense. Dit reflekteer 'n interafhanklike toestand in die wêreld en dui aan hoe gebeurtenisse, geskilpunte en uitdagings in een deel van die wêreld 'n effek op ander dele het. Baie ontwikkelende lande word in hierdie proses agtergelaat en bly arm, met steeds stygende ongelykhede - beide in en tussen verskillende lande. Suid-Afrika was en is in die gelukkige posisie dat die wêreld sy deure oopgemaak het en daar dus uit wêreldwye ervarings geleer kan word. Alhoewel aanvanklik gedink is dat globalisering net met die ekonomie vereenselwig kan word, het dit ook 'nimpak op die politieke, maatskaplike en kulturele aspekte binne 'n samelewing en verg derhalwe nuwe innoverende openbare sektoronderrig en opleiding. Die vinnig toenemende globalisering het verder belangstelling in transnasionale regeringsmodelle gesti muleer, asook belangstelling in burgerskapdefinisies aangewakker. Vir hierdie doeleindes is dit belangrik om te verseker dat doeltreffende openbare sektoronderrig en opleiding relevant tot globalisering aangebied word.

Globalisering; globale mededinging; Nuwe Openbare Bestuur (NOB); openbare administrasie onderrig; openbare administrasie opleiding; leierskap; Senior Bestuursdiens (SBD); gehalteversekering; institusionele oudit; nasorgprogramme


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top