Open-access Die belangrikste kultuurelemente van Afrikaner-besienswaardighede

The most important cultural elements of Afrikaner attractions

Abstract

Die doel van hierdie studie was om te bepaal watter kultuurelemente by 'n Afrikanerkultuur-besienswaardigheid in Suid-Afrika aangebied moet word. Die empiriese studie het 'n verkennende navorsingsontwerp gevolg en is uitgevoer deur die kwalitatiewe metode te volg, met 15 navorsingsdeelnemers. 'n Semi-gestruktureerde onderhoudskedule is gebruik om vrae aan die navorsingsdeelnemers te stel. Die onderhoudskedule het hoofsaaklik bestaan uit oop-einde vrae en het verband gehou met demografiese inligting, Afrikaner-kultuurelemente en kreatiewe beginsels van toerisme. Die resultate het getoon dat die navorsingsdeelnemers se belangrikste Afrikaner-kultuurelemente die volgende is: geskiedenis, taal, musiek en dans, kos en tradisionele leefwyse. Die aanbevelings van die studie is gemik op bemarkers en bestuurders van bestaande of voornemende Mrikanerkultuur-besienswaardighede, akademici en die algemene publiek, met 'n fokus op Afrikanerkultuurtoerisme.

toerisme; kultuurtoerisme; kultuurtoeriste; kulturele besienswaardig-hede; kultuurelemente; Afrikaner-kultuurelemente; tasbare en ontasbare kultuurelemente; kwalitatiewe navorsing; geskiedenis; taal; musiek en dans; kos en tradisionele leefwyse


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba