Open-access Uitdagings by die implementering van Inligtings- en Kommunikasietegnologie vir die Setswanasprekende Gevorderde Onderwys Sertifikaat (GOS) Afstandstudent aan die Noordwes-Universiteit

Challenges experienced in implementing Information and Communication Technology for Setswana speaking Advanced Certificate in Education (ACE) off-campus students at the North West University

Abstract

Die Suid-Afrikaanse samelewing het in die laaste dekade ingrypende veranderinge en ontwikkelings ondergaan sover dit kontemporêre tegnologiese ontwikkelings, die eise van die inligtingsera waarin ons leef en die behoeftes van 'n geglobaliseerde en steeds globaliserende arbeidsmark betref. Dit is ook algemeen bekend dat Sub-Sahara-Afrika worstel om tred te hou met die eksponensiële toename in opvoedkundige en tegnologiese ontwikkelings. Daar bestaan verskeie uitdagings met betrekking tot die implementering van rekenaartegnologie in afstandsonderwysprogramme aan die Noordwes-Universiteit (NWU). Ten spyte van die toename in tegnologiese ontwikkelings in die twintigste en vroeë 21ste eeu is inligtings- en kommunikasietegnologie (IKT) nog nie toeganklik vir alle NWU- onderwysstudente binne die Suid-Afrikaanse konteks nie. Dit is tewens ook nie uit die beskikbare literatuur duidelik in welke mate IKT wel deur afstandsonderwysstudente benut word nie. Die doel van die empiriese gedeelte van hierdie artikel was om moontlike uitdagings/elemente waarop gelet behoort te word by die keuse en implementering van rekenaartegnologie in afstandsonderwys aan die NWU vir die Setswanasprekende GOS-studente te bepaal, asook om te probeer vasstel in welke mate IKT wel deur Setswanasprekende afstandstudente wat vir die GOS aan die NWU geregistreer is, benut word.

Afstandsonderwys; afstandsleer; volwasse leer; tegnologie; studente-ondersteuning; kwaliteit; e-leer; onderwysersopleiding


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba