Open-access Samesweringsteorieë en vals nuus in leserskommentaar op nuusberigte van Maroela Media tydens die COVID-19-pandemie

Conspiracy theories and fake news in reader comments on news reports from Maroela Media during the COVID-19 pandemic

Abstract

Sedert die uitbreking van die COVID-19-pandemie laat in 2019, het dit die wêreld op ongekende maniere ontwrig. Die virus het tot miljoene sterftes gelei, wat veroorsaak het dat regerings inperkings en reisbeperkings ingestel het, wat ekonomieë ernstig beïnvloed het. Suid-Afrika was geen uitsondering nie, en die Suid-Afrikaanse regering het streng maatreëls ingestel om die verspreiding van die virus te bekamp, insluitende die sluiting van skole en besighede. Die pandemie het gepaardgegaan met 'n vlaag vals inligting en samesweringsteorieë, aangevuur deur sosiale media en ander aanlyn platforms. Vals inligting het die aanbeveling van onbewese geneesmiddels en behandelings vir COVID-19 ingesluit, terwyl sameswerings-teorieë gewissel het van bewerings dat die virus 'n klug is, tot bespiegelings dat dit doelbewus in 'n wapenlaboratorium geskep is. Hierdie vals inligting en samesweringsteorieë het gelei tot verwarring en wantroue in owerhede, wat pogings ondermyn het om die verspreiding van die virus te beheer.

COVID-19; leserskommentaar; onderwerpmodellering; pandemie; samesweringsteorieë; vals nuus; waarheidsverval


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top