Open-access Pakhanate-state - 'n konseptualisering, konteks-tualisering en Suid-Afrikaanse toepassing

Pakhanate states - a conceptualisation, contextualisation and South African application

Abstract

Pakhanate-state of state waar pakhanate-tendense voorkom, is histories 'n bekende verskynsel. Klassieke voorbeelde van state waar pakhanate-tendense voorgekom het, was Rusland en Japan. Tans word talle state, waaronder Venezuela, Sirië, Montenegro en Mexiko as pakhanate geïdentifiseer, of prominente tendense word in hierdie verband daar waargeneem. Teen die agtergrond van uitgebreide endemiese korrupsie, staatskaping en gepaardgaande ondersoeke kan met reg gevra word of Suid-Afrika behoort tot die kategorie van state wat losweg as pakhanate beskryf kan word? Hierdie artikel konseptualiseer en kontekstualiseer die konsep en beoordeel die Suid-Afrikaanse konteks daarvan aan die hand van geïdentifiseerde kriteria.

pakhanate; verswakte en korrupte state; georganiseerde misdaad; Suid- Afrika; endemiese korrupsie; staatskaping


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba