Open-access Retoriese stylfigure as intellektuele spel in advertensiekommunikasie

Rhetorical figures as intellectual play in advertising communication

Abstract

Advertensiekommunikasie het 'n unieke aard en verskillende talige en visuele meganismes word gebruik ten einde die teikenmark se aandag te trek. Retoriese stylfigure, as vorm van figuurlike taalgebruik, is een van die instrumente wat kopieskrywers gebruik om die teikenmark se aandag in gedrukte advertensies te trek. Retoriese stylfigure kan egter op verskillende wyses aangewend word. In hierdie ondersoek word daar vanuit 'n semantiese perspektief gekyk na retoriese stylfigure (talig en visueel) wat tot beskikking van die kopieskrywer is, om kreatief die teikenmark se aandag te trek. Die fokus in hierdie empiriese ondersoek val verder ook op die wyse waarop visuele tekens in advertensies die talige tekens eggo, oftewel ondersteun, in die konstruering van die bemarkingsboodskap.

Advertensiekommunikasie; semantiek; figuurlike taalgebruik; idiomatiese uitdrukkings; personifikasie; retoriese stylfigure; vergelyking; analogie; metaforiek; semiotiese tekens


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba