Open-access "Wat is die mens wat U so ryk beskenk het?" Die uitbeelding van die geveg tussen Karnaval en Lent by Bruegel en T.T. Cloete

"What is man that Thou hast endowed him with such grace?" The representation of the battle between Carnival and Lent by Bruegel and T.T. Cloete

Abstract

In hierdie artikel word 'n vergelyking getref tussen die skildery Die geveg tussen Karnaval en Lent van Pieter Bruegel de Oude en T.T. Cloete se bundel Karnaval en Lent is een gedig. Die vergelykende ontleding word gedoen met aandag aan die uitbeelding van die tydgenootlike mens in sy toestand van swakheid en verval, aan die ooreenkomste en verskille ten opsigte van die gebruik van simboliek en aan vraatsug as simptoom van 'n ongebalanseerde, skeefgetrekte samelewing. Daar word geredeneer dat, hoewel beide kunstenaars sterk op kategoriese opposisies fokus, die tema van beide werke eintlik die ambivalensie is wat die menslike kondisie kenmerk. Die kunswerke dien as spieël vir die mens sodat hy sy eie dwaasheid kan erken en dié insig hom tot selfkennis kan lei.

Cloete; T.T; Geveg tussen Karnaval en Lent; Pieter Bruegel de Oude; menslike dwaasheid; godsdienskritiek; kritiek teen samelewing; vraatsug; simboliek in poësie; simboliek in middeleeuse skilderkuns


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba