Open-access "Fides quaerens societatem": Praktiese teologie op soek na sosiale vergestalting

"Fides quaerens societatem": Practical Theology in search of social embodiment

Hierdie artikel bied 'n kort opsomming van sommige van die eiendomlike spanninge in die teologiese vakdissipline van Praktiese Teologie, as uitvloeisel van die grondliggende spanning wat reeds deur die naam gesuggereer word, naamlik praktyk en teologie, of praktyk en teorie. Agt paradigmas waarbinne Praktiese Teologie verstaan kan word, word kortliks opgesom, te wete geloof op soek na begrip, verwoording, handeling, hoop, verbeelding, visualisering, beliggaming en sosiale vergestalting (laasgenoemde die integrerende paradigma). Die uitgangspunt is dat Praktiese Teologie op 'n hermeneutiek van sinduiding rus, wat nie as 'n nuwe vorm van klerikale of ekklesiologiese mag of beheer beskou moet word nie, maar eerder as 'n meewerkende en interaktiewe wyse om die lewe, soos wat dit in die samelewing tot uiting kom en beleef word, te dien en te verryk.

Praktiese Teologie; teorie; praxis; praktyk; paradigmas; hermeneutiek; sinduiding; samelewing; spanningsvelde; ekklesiologie; eskatologie


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top