Open-access Voorskrifte aan skrywers

    Voorskrifte aan skrywers

    Die Tydskrif vir Geesteswetenskappe word gewy aan die publikasie van oorspronklike navorsings- en oorsigartikels in die teologie, die kunste en kulturele, sosiale, ekonomiese en opvoedkundige wetenskappe, sowel as aan boekbesprekings, kronieke en gedigte. Artikels of bydraes wat elders verskyn het, word nie vir publikasie oorweeg nie. Twee eksemplare van die uitgawe waarin 'n bydrae verskyn, word gratis aan die outeur verskaf. Indien 'n outeur meer eksemplare verlang, kan dit teen die heersende prys van die Akademiekantoor bestel word.

    Die volgende algemene voorskrifte geld vir voorgelegde manuskripte:

    • Stuur 'n elektroniese kopie aan publikasiesfgiakademie.co.za. Manuskripte moet in dubbelspasiëring getik word in skrifgrootte Arial 12-punt met 'n 25 mm-linkerkantlyn.

    • Die manuskripte moet persgereed en taalversorg wees. Skrywers moet skriftelik bewys lewer dat die artikel deur 'n erkende taalversorger geredigeer is.

    • Bydraes moet in Afrikaans of Nederlands geskryf wees en beperk wees tot tussen 8 000 en 10 000 woorde.

    • Bydraes moet vergesel gaan van 'n kort curriculum vitae in Afrikaans en Engels (100-200 woorde) en 'n foto(s) van die outeur(s) in JPEG-formaat.

    • Die bydrae moet vergesel gaan van 'n opsomming van 100-250 woorde in Afrikaans, Nederlands, Duits of Frans, plus 'n opsomming van 600-1 000 woorde in Engels. 'n Opsomming in 'n ander taal as Afrikaans moet 'n vertaling van die titel as opskrif hê.

    • Outeurs moet 'n lys van 10-20 trefwoorde in Afrikaans en Engels net ná die Engelse opsomming verskaf.

    • Illustrasies of grafika moet van toepaslike onderskrifte voorsien wees en moet ten opsigte van grootte rekening hou met die formaat van die Tydskrif.

    Opskrifte in die Tydskrif lyk soos volg:

    1.Hoofopskrifte is in hoof- en kleinletters en vetdruk. Daar is 'n lynspasie tussen die hoofopskrif en die teks.

    1.1 Opskrifte is in hoof- en kleinletters en kursief; daar is 'n lynspasie tussen die opskrif en die teks.

    1.1.1 Subopskrifte is kursief; daar is 'n lynspasie tussen die opskrif en die teks.

    Opskrifte kan soos bo genommer word indien 'n outeur dit verkies. Daar is geen punte ná opskrifte nie.

    Opskrifte by tabelle lyk soos volg:

    TABEL 2: Ekonomiese ontwikkeling volgens rassegroep

    Onderskrifte by figure lyk soos volg:

    Figuur 3: Sistemiese interafhanklikhede in mensstrewes: Die waardestruktuur. Indien 'n opskrif of onderskrif 'n subtitel bevat, volg die subtitel ná 'n dubbelpunt en begin dit met 'n hoofletter, met inagneming van die gewone Afrikaanse patroon, byvoorbeeld die konvensie rakende die lidwoord 'n. Plaas asseblief tabelle en figure op die regte plek in die teks.

    Aanhalings en verwysings

    • Aanhalings word nie kursief gedruk nie, ook nie as hulle in ander tale as Afrikaans is nie. Aanhalings wat langer as drie reëls is, word geïndenteer en nie tussen aanhalingstekens geplaas nie. Enige invoeging in 'n aanhaling staan tussen blokhakies. Raadpleeg die Tydskrif vir voorbeelde.

    • Afkortings moet sover moontlik vermy word.

    • Literatuurverwysings word volgens die verkorte Harvardmetode gedoen, met uitsondering van bepaalde vakgebiede.

    Alle bibliografiese besonderhede word verstrek in die taal van die geraadpleegde bron, mits dit in die Romeinse alfabet is.

    Voorbeelde:

    •Boek: Olivier, DV. 1996. Die nag van die vlieë. Kaapstad: Blackwell.

    • Tydskrifartikel: Van Wyk, B. 1993. Vesel voorkom hartsiektes. SA Tydskrif vir Dieetkunde, 19(3):56-59.

    • Hoofstuk in 'n boek: Verhoef, G. 2012. 'n Ekonomiese geskiedenis van die 19de eeu. In Pretorius, F (red.). Geskiedenis van Suid-Afrika: Van voortye tot nou. Kaapstad: Tafelberg, pp. 201-217.

    • Internetbron:

    Gries, HB. 1996. Experimental learning. Education online, 21(1). http://www.edu.learning.html [14 October 2004].

    In Afrikaans:

    • Mc Farlane, LR. 2004. Afrikaans en die media. SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, http://www.akademie.co.za [14 Oktober 2004].

    Bronverwysings in die teks:

    Volgens Swan (1996:45) ...

    OF: ......(Swan, 1996:45) ...

    OF: . . (Swan, 1996:45). [aan sinseinde]

    Bladgeld

    Geen bladgeld of koste vir die publikasie van artikels (APC's) in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe is betaalbaar nie.

    Outeursreg

    Outeur(s) behou outeursreg in 'n artikel wat in die Tydskrif gepubliseer word.

    Guidelines for authors

    The Journal of Humanities/Tydskrif vir Geesteswetenskappe publishes original research and review articles in the subject fields of theology, languages, arts and culture, and social, economic and educational sciences, as well as book reviews, chronicles and poems. Articles or contributions published elsewhere will not be considered for publication in the Journal. An author will receive two complimentary copies of the edition in which his/her contribution appeared. More copies may be ordered from the publications office at the current price.

    Submitted manuscripts should meet the following requirements:

    • Contributions are to be submitted electronically by email to publikasiesfgiakademie.co.za. Manuscripts should be typed in double spacing in Arial 12 point, leaving a 25 mm left margin.

    • Manuscripts have to be edited and be ready for printing. Authors have to submit proof in writing that their text has been language edited by a recognised text editor/language practitioner.

    • Contributions should be submitted in Afrikaans or Dutch and be limited to 8 000-10 000 words.

    • An abridged curriculum vitae in Afrikaans and English (100-200 words) and a photograph (JPEG format) of each author should be submitted along with the contribution.

    • Manuscripts should be accompanied by an abstract of 100-250 words in Afrikaans, Dutch, German or French, plus an English abstract of 600-1 000 words. An abstract in a language other than Afrikaans should be headed by a translation of the title.

    • The English abstract should be followed by a list of approximately 10-20 keywords in English and Afrikaans.

    • Illustrations or graphics should be provided with suitable captions placed below them, and their size should be appropriate for the format of the Journal.

    Headings in the Journal are styled as follows:

    1.Main headings are in upper and lower case, and bold. Leave a line space between the heading and the

    text.

    1.1 Headings are in upper and lower case and italics. Leave a line space between the heading and the text.

    1.1.1 Subheadings are in italics. Leave a line space between the heading and the text. Headings may be numbered, if preferred. There are no full stops after headings.

    Table headings are styled as follows:

    TABLE 2: Economic development according to demographic groups

    Captions of figures:

    Figure 3: Systemic interdependence: The value structure

    If a subtitle occurs in any heading or caption, it is preceded by a colon and begins with an upper-case letter.

    All tables and figures are to be inserted at the correct place in the text.

    Quotations and references

    • Quotations are not italicised - not even when in a foreign language. Quotations that exceed three lines are indented and are not placed in quotation marks. Anything inserted in a quotation is placed in square brackets. See examples in the printed Journal.

    • Abbreviations should be avoided as far as possible.

    • Bibliographic references follow the abbreviated Harvard method, with some variation allowed for specific subjects.

    All bibliographic details are given in the language of the source used, provided the source is in the Roman alphabet.

    Examples:

    • Book: Quirk, R. & Greenbaum, S. 1973. A university grammar of English. Essex, UK: Longman.

    • Article in a journal or magazine: Paterson, A-M. 2013. Inspired by fellowship: How Poet's Corner in Westminster Abbey brought Burns lovers together. The Scots Magazine, 178(1):36-38.

    • Chapter in a book: De Gruchy, JW. 1984. Jung and religion: A theological perspective. In Papadopoulos, RK & Saayman, GS. (eds). Jung in modern perspective. London: Ad Donker, pp. 193-203.

    • Internet source:

    Gries, HB. 1996. Experimental learning. Education online, 21(1). http://www.edu.learning.html [14 October 2004].

    In Afrikaans:

    • Mc Farlane, LR. 2004. Afrikaans en die media. SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, http://www.akademie.co.za [14 Oktober 2004].

    Citations in the text:

    According to Swan (1996:45) ...

    OR: ... ...(Swan, 1996:45) ...

    OR: ... ... (Swan, 1996:45). [at the end of a sentence]

    Page fees:

    No Page Fees or APC's (Article Producing Costs) are payable by authors for publishing in the Journal of Humanities.

    Copyright:

    Copyright of articles published in the Journal vests in the author(s).

    Publication Dates

    • Publication in this collection
      22 Apr 2025
    • Date of issue
    location_on
    Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
    rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
    Go to top