Open-access Die geskiedenis, aanvaarding en impak van die Afrikaanse Bybel van 1933 - 'n oorsig

The history, acceptance and impact of the Afrikaans Bible of 1933 - an overview

Abstract

Die eerste publikasie van die volledige Bybel in Afrikaans in 1933 het 'n duidelike invloed op sy omgewing gehad. Hierdie vertaling het die Bybelse boodskap verstaanbaar vir Afrikaanssprekendes gemaak, 'n impak op hierdie sprekers en daarmee op hulle omgewing gehad en Afrikaans as 'n spreek- en skryftaal help standaardiseer. Hulle verstaan van die Bybel het eerste taalsprekers van Afrikaans beweeg om na gehoorsaamheid aan God met die hele lewe te soek: in die kerk en samelewing. Die vertaling van 1933 het ook die spelling, woordvorme en segswyses van Afrikaans beïnvloed. Die Afrikaanse Bybel van 1933 het die koers van Afrikaanssprekendes in hulle lewensbeskouing, opvoeding, politiek en sosiale lewe bepaal. Dit is egter ook gebruik om apartheid te regverdig en diskriminasie teen anderskleuriges deur Afrikaners te verdedig. Die Afrikaanse Bybel van 1933 word beskou as 'n triomf vir Afrikaans.

Die Bybel in die moedertaal; skryf soos jy praat; plegtige Bybelvertaling; Afrikaans; Nederlands; die standaardisering van Afrikaans; die impak van die Afrikaanse Bybel op die gemeenskap; die Afrikaanse Bybel en apartheid


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top