Abstract
Die Covid-19-pandemie het 'n groot effek op mense se gesondheid sowel as hulle ekonomiese stabiliteit gehad. Talle beperkings is ingestel om die verspreiding van die virus te beperk. In Suid-Afrika was een van die beperkings 'n nasionale inperking wat veroorsaak het dat die meeste mense nie werk toe kon gaan nie. Dit het daartoe gelei dat talle mense hul werk verloor het. Baie van die mense was ouers. Ouers se werksverlies affekteer nie net hulself nie, maar ook hul kinders. Daar is verskeie maniere waarop ouers se werksverlies kinders negatief kan beïnvloed. Praktiese teologie is 'n studieveld wat met gevalle soos dié werk. Daarom is die doel van hierdie artikel om, vanuit die perspektief van die praktiese teologiese te wys hoe gemeentelike kinderbediening gebruik kan word om geloofshulpbronne in kinders se lewens in te bou sodat hulle van hul omstandighede (ouers se werksverlies) kan sinmaak en ten spyte van hul omstandighede sal kan floreer.
Covid-19; florering; geloofshulpbronne; godsdiens; jeugbediening; kinders; sosiale ondersteuning; tieners; veerkragtigheid; werksverlies


