Open-access "Skimmespel van die waarsêers": Politieke sensuur in Suid-Afrika, c. 1980-1989. 'n Historiese perspektief

"Shadow-play of the soothsayers": Political censorship in South Africa, c.1980-1989. An historical perspective

Dit is nie vergesog om te argumenteer dat Suid-Afrika eerder 'n kultuur van sensuur as vryheid van spraak het nie. Té maklik was/is politici in die land deur die plesier van sensuur verlei. Té rustig het die publiek die nasionalisering van hierdie vryheid toegestaan. Namate apartheid, en die opposisie daarteen, gegroei het, het politieke sensuur toegeneem. Die vakuum gelaat deur die sensors is geesdriftig deur regeringspropaganda gevul. Teen die 1980's was sensuur 'n uitgebreide en gesofistikeerde aspek van die staatsmasjinerie. Vryheid van spraak is aan die verantwoordelike volksgenote toevertrou. Die Suid-Afrika van die 1980's versinnebeeld in vele opsigte 'n klimaks van teenstrydighede. Deur, binne konteks, epiese hervorming maak die regering van P.W. Botha die apartheid-staat "oper". Hierdie openlikheid syfer deur tot vryheid van spraak. Terselfdertyd het Pretoria 'n haas ondeurdringbare bolwerk van politieke sensuur gesweis. Inligting het nie noodwendig 'n ingeligte veronderstel nie. Waarheid het van regeringsamptenary se egtheidstempel afgehang. Werklikheid het relatief geword. Hierdie artikel ondersoek waarom die Botha-regering, as deel van sy multidimensionele Totale Strategie, sensuur nodig geag het. Verder word gekyk na hoe die evolusionêre vlegwerk van sensuur daarna uitgesien het en hoe dit toegepas is. Ná 1994 verklaar veral witmense dat hulle nie geweet het nie. Ten slotte word die effek van die bespreekte sensuur op die Suid-Afrikaanse samelewing in oënskou geneem.

Apartheid; politieke sensuur; politieke geweld; noodtoestand; Totale Aanslag; Totale Strategie; P.W. Botha regering; Buro vir Inligting; Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie; propaganda


location_on
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Suid, Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Private Bag X11, Arcadia, Pretoria, Gauteng, ZA, 0007, Tel: +27 12 328 5082 - E-mail: publikasies@akademie.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top